9/11 en die Tweepot-Pensioenfondsstelsel

Loading player...
In hierdie episode KLETS Colene en Matthys saam met Marius Strauss, ’n gesoute makelaar en geregistreerde finansiële dienste verskaffer. Ons begin die gesprek met ’n terugblik op 11 September — waar was jy op die dag toe die wêreld tot stilstand gekom het ná die aanval op die World Trade Center? Dié dag het ’n impak op ons almal gelaat, en ons deel ons herinneringe daaraan.

Ons skuif dan na ’n meer praktiese onderwerp: die tweepot-pensioenfondsstelsel in Suid-Afrika. Marius bespreek hoe hierdie nuwe stelsel dalk korttermynverligting vir Suid-Afrikaners se knap beursies kan bied. Maar watter langtermyn-implikasies kan dit vir jou aftreegeld kan hê? Hy gee ook waardevolle raad oor hoe om jou finansies effektief te bestuur, skuldlas te verminder en slim besluite te neem vir ’n veiliger finansiële toekoms.

Ons praat ook oor die interessante wetsontwikkelings in Australië — ’n voorstel om kinders onder die ouderdom van 16 te verbied van sosiale media, sowel as ’n nuwe wet wat werknemers toelaat om ná ure werkoproepe en e-posse te ignoreer. Het ons regtig wette nodig om ons te beskerm teen ons eie swak besluite? Laastens bespreek ons Herman Mashaba se uitlatings en of dit die begin van die einde vir ActionSA kan beteken. Is dit suur druiwe omdat hy nie saam met die groot kinders in die sandput kan speel nie?

Kontak Marius Strauss vir finansiële advies:
• E-pos: mls@mweb.co.za
• Selfoon: (+27) 82 440 1880

’n KLETS vol herinneringe, insiggewende finansiële advies, en interessante debatte oor hoe ons wêreld aan die verander is.
11 Sep 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Met Almal. Oor Alles en ’n bietjie meer saam Suzaan Steyn

In hierdie week se KLETS kry ons kuier van ’n groot naam in die wêreld van Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn. As jy haar stem al op Radio gehoor het, of haar werk op TV gevolg het, weet jy sy bring stories tot lewe met kennis en…
10 Sep 1 hr 10 min

Totsiens Neil, hallo Hannon en ’n Mouton Curro deal

Ons sê totsiens aan Neil de Beer. 'n Vriend van die show en vegter vir Suid-Afrika. Neil was nooit bang vir ’n moeilike vraag of ’n ongemaklike waarheid nie. Hy’t gelag, ge"moer", gedebatteer en altyd hoop gebring. Hierdie episode is ons huldeblyk aan hom, die man wat ge-KLETS het soos…
3 Sep 59 min

Sport, politiek en die narratief van onderdrukking

In hierdie week se KLETS vat ons die land se temperatuur – en nie net omdat die seisoen draai en jy skielik nie weet of jy ’n baadjie of ’n braaivurk moet vat nie. Ons praat oor sport en emosie: Drikus du Plessis wat wys hoe ’n klap ook ’n…
20 Aug 1 hr 03 min

Kakkerlakke en ’n land vol Dialoog planne

In hierdie week se KLETS kyk ons na die Nasionale Dialoog – daai groot “kom ons gesels”-projek wat miljoene rande kos. Die DA rol hul 6-punt-plan uit om Suid-Afrika reg te ruk – ses fokusareas wat, volgens hulle, die land kan draai van chaos na iets wat lyk soos orde…
13 Aug 55 min

9 Augustus 2025 - 'n Ode aan Vroue

Vrouedag: Sy’t Onthou” 9 Augustus. Dis nie net ’n vakansiedag nie. Dis nie net “discount op blompotte by Checkers” nie. Dis nie net ’n WhatsApp-storie met pienk skrif en “Jy’s spesiaal, vriendin” nie. Dis ’n dag. ’n Ernstige dag. Met geskiedenis. Met backbone. 1956. Pretoria. Uniegebou. 20 000 vroue. Nie…
9 Aug 4 min