Dieremaniere, Boere en Treine

Loading player...
In hierdie KLETS episode het Colene en Matthys ’n lekker gesprek met niemand anders nie as Dr. Roy Page, veearts by Menlyn Vet Practice in Pretoria. Hulle klets oor alles van dieremaniere tot troeteldiergesondheid. Dr. Page deel sy kennis oor voeding, algemene sorg, en hoe om jou troeteldier gelukkig en gesond te hou. Of jy nou ’n kat of hond het, Dr. Page se insigte is vir jou!

Maar dit is nie al nie! Colene deel ook ’n verrassende lys van die top 10 treine in die wêreld, en raai wat? Suid-Afrika het twee op daardie lys! Rovos Rail en The Blue Train staan hoog op die wêreld se radar. As jy hou van treinreise, is hierdie ’n gesprek wat jou lus sal maak om te pak en te reis.

Ons KLETS oor hoe die Boere mekaar moer en gekke storie van hoe ‘ veearts, met niks meer as sy kaal hande, ’n buffel tem.

Ons KLETS ook oor ’n ernstige onderwerp wat die land aan die gons het: die onlangse dood van Pravin Gordhan. Dit het groot reaksie op sosiale media ontlok en veroorsaak dat mense hul menings oor sy rol in Suid-Afrika se politiek begin deel het. Sommige mense sien hom as iemand wat probeer het om die land se ekonomie te red, terwyl ander meen hy was betrokke by meer kontroversie. Maar, you’re only as good as your last performance!

Kontak Dr. Roy Page van Menlyn Vet Practice:

•E-pos: mac@companionhealthcare.co.za
•Telefoon: +27 (0)12 460 5252
• Webwerf: https://menlyn.vet/
18 Sep 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min