Episode 30 | ‘Die Bybel is vir my ’n genadeboek’

Loading player...
Die biblioteek van geskrifte wat ons ken as die Bybel is na 2000 jaar steeds ’n boek wat mense wil lees. Is dit vreemd? Nee, hy dink nie dit is vreemd nie. Die Bybel is ’n boek vir alle tye. Alle geleenthede. Maar dit is ’n Boek wat mens verantwoordelik wil lees. So vertel die bekende predikant en skrywer, Barend Vos. Vir hom sê hy is die Bybel ’n lig op sy pad. ’n Genadeboek. Hy het pas klaar gemaak as dagstukskrywer vir agt uitgawes van Afrikaans se oudste Bybelleesgids, Uit die Beek.
22 Sep 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 56 | | Wie gee om vir die een wat omgee?

Onderwysers, maatskaplike werkers en predikante moet so opgelei word dat hulle weerbaar is vir trauma. “Ons moet hulle die toerusting gee om ’n veilige hawe te wees en nie self uit te brand nie.” Só sê die rektor van Hugenote Kollege, prof Retha Bloem. Sy vertel in hierdie episode van…
4 Mar 10 min