#WeeksdaeVibes met Venita - 17 September

Loading player...
Francois van Rensburg en Hazel Priscilla het op #WeeksdaeVibes met Venita kom gesels oor hulle nuutste enkelsnit, “Moederstad”. Francois gesels oor hy wat die musiekvideo self vervaardig het en Hazel vertel ons meer oor die liedjie wat uit haar pen kom. As sibbe kom hulle nie net goed oor die weg op ’n daaglikse basis nie, maar maak ook BAIE MOOI musiek saam!
17 Sep 2024 English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

#WeeksdaeVibesMetVenita - Melissa Jane | 9 September

Hierdie 23-jarige van Worcester bly dalk in 'n klein dorpie, MAAR haar passie vir musiek gaan haar nog die wêreld laat vol toer! Melissa Jane gesels met Venita oor hoe haar missie en visie is om mense te laat lag, goed voel en saam hulle liefde vir musiek kan deel…
10 Sep 14 min

#ALT-Fokus met Venita - Almero en Chris van Beljon | 4 September

Almero en Chris van Beljon vat ons na die Boesmanland en saam sit ons onder die Melkweg. Chris vertel hoe die liefde van sy lewe sy hart se stories wakker maak en hoe Almero dit reggekry het om sy hart deel te maak van die kuns agter dit alles! Boesmanland…
4 Sep 22 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Ruderick Heuer | 3 September

Venita gesels met die talentvolle Ruderick Heuer oor sy splinternuwe enkelsnit, Skree Vir Altyd. Hulle delf ’n bietjie dieper in die storie agter die lied, die emosies wat dit geïnspireer het, en leer ook meer oor die mens agter die musiek.
10 Sep 19 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – Zonnebloem | 27 Augustus

Zonnebloem kuier by #WeeksdaeVibesMetVenita om te gesels oor haar debuut-enkelsnit “Weet weet jy”. Op 17-jarige ouderdom weet sy al klaar waarheen sy wil beweeg in haar loopbaan en die mense wie se harte sy wil aanraak met haar woorde
27 Aug 17 min