Rapport Praat Sport | Rassie onthul waarom hy met Manie volhard

Loading player...
’n Haai se groot bekentenis oor dáái omgekeerde bal. Die R7 miljoen-Curriebeker-geelwortel vir die Groot Vier... en natuurlik alles en nog meer oor Manie Libbok se mislukte stelskop. In dié week se Rapport Praat Sport wonder Hendrik Cronjé of dit nie dalk tyd is vir Manie om sy vlerke oorsee te sprei nie. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen het verskillende idees oor hoe die Bokke dié losskakel Saterdag moet aanwend. Ons hoor ook wat Rassie Erasmus en Bongi Mbonambi oor Manie te sê het. En skuld jy vir Eben Etzebeth geld? Wees versigtig...
25 Sep 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . .

Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap. Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer…
8 Oct 34 min

Naas: ‘Bokke kook met 3 van wêreld se beste losskakels’

Naas Botha is liries oor Suid-Afrika se drietal generaals van Handré Pollard, Manie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu. Botha, eertydse skopkoning van Suid-Afrikaanse rugby, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor Feinberg-Mngomezulu se spogvertoning teen die Poemas. “Ek dink nie een van ons drie losskakels het werklik…
1 Oct 38 min

Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue

Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland. “Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat…
24 Sep 26 min