Van Mashaba tot Braaivleis: ’n Week van Kontroversie en Wenne

Loading player...
In hierdie week se KLETS episode "be-klets" Colene en Matthys die jongste drama rondom ActionSA, Herman Mashaba en Tshwane. Is Mashaba besig om sy politieke relevansie te verloor, of is hy dalk net ’n pion in die ANC se strategie? Is die gedoente in Tshwane die eerste kraak in die RNE?

Ons gesels oor die Jan Braai kontroversie. Volgens Netwerk24 is hy 'n rassis. Is die storie net mediastunts of swak joernalistiek? Is Netwerk24 besig om klieks te soek met sensasie waar die waarheid nie in die pad staan vir 'n goeie voorblad nie?

Ons vier die Springbokke en hul onlangse oorwinnings en verduidelik die verskil tussen ’n miljoen en ’n miljard – jy sal verbaas wees ver die twee eintlik van mekaar af is!

Sluit aan vir ’n episode propvol politiek, kultuurkontroversies en sporttriomf wat jou nuuskierig sal hou oor wat in Suid-Afrika aangaan.
2 Oct 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min