Ministerie loods plastiese chirurgie-veldtog vir gesondheid

--:--
Die gesondheidsministerie het 'n veldtog vir plastiese chirurgie in die Erongo-streek van stapel gestuur. Die veldtog, onder leiding van dr. Augustu Gawab, fokus op dringende mediese ingrypings, nie kosmetiese prosedures nie. Dit is daarop gemik om onder andere brandslagoffers te help en oortollige vet vir gesondheidsdoeleindes te verminder. Dit teiken toestande soos abnormale vetverspreiding en te groot borste, wat gesondheidskwessies veroorsaak. ’n Sleutelgeval behels rekonstruktiewe chirurgie vir ’n vierjarige brandslagoffer met ’n gesig-litteken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die woordvoerder van die gesondheidministerie, wat meer inligting gee.
6 Oct 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Verbruikerskommissie verwelkom bevel teen piramiedeskema

Die Nasionale Verbruikerskommissie verwelkom 'n tweede beslagleggingsbevel wat toegestaan is deur die Hooggeregshof in Gauteng teen die organisasie Women Against Poverty and Hunger, en agt van sy filiale. Die bevel lê beslag op 3,79-miljoen-rand in 14 bankrekeninge, bykomend tot die vorige bevel van 1,5-miljoen-rand. Die woordvoerder Phetho Ntaba sê daar…
7 Oct 4AM 1 min

Vergoeding van US$20m vir Zim-boere sal 'niks verander nie'

Reaksie word ontvang op die Zimbabwiese regering wat vandeesmaand 'n aanvanklike 20 miljoen Amerikaanse dollar aan buitelandse wit en plaaslike swart boere sal betaal wat grond onder Robert Mugabe se mislukte grondhervormingsplan verloor het. Die besteding is in die 2024-begroting toegewys as deel van 'n reeks maatreëls om die land…
7 Oct 4AM 1 min

Omadhiya-meer is dolleeg

Die Omadhiya-meer in die Oshikoto-streek is droog en water van die Cuvelai-stelsel het heel opgedroog. Die gebied maak staat op water van die oshanas en is uiters belangrik vir veeboere in die gebied. Oshikoto se waterterkorte is ‘n geruime tyd in die nuus en plaaslike besigheidseienaars en boere is uiters…
7 Oct 3AM 1 min

14de dwelmmuil by OR Tambo aangekeer

ʼn Drie-en-veertigjarige dwelmmuil van Paraguay is Sondag by die OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer. Die man is die derde wat die afgelope week by die lughawe vasgetrek word nadat die polisie twee Nederlandse reisigers met 80 kilogram Khat betrap het. ʼn Polisie-woordvoerder, Amanda van Wyk, sê dit bring die totale…
7 Oct 3AM 1 min

Daar was geen skietstilstand-ooreenkoms nie - Israel

Israel se ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Tzipi Hotovely, ontken Libanon se bewering dat die Hezbollah-leier, Hassan Nasrallah, voor sy sluipmoord ʼn skietstilstand-ooreenkoms aanvaar het. Israel en Hezbollah se oorgrens-aanvalle duur intussen voort. Amerika se president Joe Biden en ander bondgenote het verlede week in die Verenigde Nasies se Algemene…
7 Oct 2AM 1 min