Lusikisiki: Drie gearresteer

--:--
Die minister van Polisie, Senzo Mchunu het bevestig drie mense is in hegtenis geneem in verband met die Lusikisiki-slagting in die Oos-Kaap verlede Saterdag. Die trio word beskryf as persone van belang. Onbekende gewapende mans het agtien mense, insluitend 15 vroue, in twee afsonderlike huise vermoor. ’n Twee maande oue seuntjie was die enigste oorlewende. Mchunu het gister ná ’n gedenkdiens vir die slagoffers aan die media gesê die drie sal vandag in die hof verskyn:
7 Oct 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Verbruikerskommissie verwelkom bevel teen piramiedeskema

Die Nasionale Verbruikerskommissie verwelkom 'n tweede beslagleggingsbevel wat toegestaan is deur die Hooggeregshof in Gauteng teen die organisasie Women Against Poverty and Hunger, en agt van sy filiale. Die bevel lê beslag op 3,79-miljoen-rand in 14 bankrekeninge, bykomend tot die vorige bevel van 1,5-miljoen-rand. Die woordvoerder Phetho Ntaba sê daar…
7 Oct 3AM 1 min

Vergoeding van US$20m vir Zim-boere sal 'niks verander nie'

Reaksie word ontvang op die Zimbabwiese regering wat vandeesmaand 'n aanvanklike 20 miljoen Amerikaanse dollar aan buitelandse wit en plaaslike swart boere sal betaal wat grond onder Robert Mugabe se mislukte grondhervormingsplan verloor het. Die besteding is in die 2024-begroting toegewys as deel van 'n reeks maatreëls om die land…
7 Oct 3AM 1 min

Omadhiya-meer is dolleeg

Die Omadhiya-meer in die Oshikoto-streek is droog en water van die Cuvelai-stelsel het heel opgedroog. Die gebied maak staat op water van die oshanas en is uiters belangrik vir veeboere in die gebied. Oshikoto se waterterkorte is ‘n geruime tyd in die nuus en plaaslike besigheidseienaars en boere is uiters…
7 Oct 2AM 1 min

14de dwelmmuil by OR Tambo aangekeer

ʼn Drie-en-veertigjarige dwelmmuil van Paraguay is Sondag by die OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer. Die man is die derde wat die afgelope week by die lughawe vasgetrek word nadat die polisie twee Nederlandse reisigers met 80 kilogram Khat betrap het. ʼn Polisie-woordvoerder, Amanda van Wyk, sê dit bring die totale…
7 Oct 2AM 1 min

Daar was geen skietstilstand-ooreenkoms nie - Israel

Israel se ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Tzipi Hotovely, ontken Libanon se bewering dat die Hezbollah-leier, Hassan Nasrallah, voor sy sluipmoord ʼn skietstilstand-ooreenkoms aanvaar het. Israel en Hezbollah se oorgrens-aanvalle duur intussen voort. Amerika se president Joe Biden en ander bondgenote het verlede week in die Verenigde Nasies se Algemene…
7 Oct 1AM 1 min