Nog ‘n massaskietery in Oos-Kaap, 6 sterf in Qumbu

--:--
Die Oos-Kaapse polisie is besig met 'n soektog ná 'n moord Sondagaand op ses mense in Godini naby Qumbu. Vier mense is gewond. Die slagoffers was volgens berigte lede van die gemeenskapspolisieforum. Die tragedie volg net meer as 'n week nadat 18 mense in Lusikisiki afgemaai is. Polisiewoordvoerder Majola Nkhohli sê die motief vir die jongste voorval is nog duister.
7 Oct 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Plaaslike minerale-verwerking ‘sal effek van minder uitvoere oorskry’

Die regering het 'n beleid ingestel wat daarop gemik is om plaaslike werkskepping en waardetoevoeging binne die land te bevorder deur die uitvoer van rou minerale te beperk. Terwyl die langtermyndoelwit van die beleid is om ekonomiese groei te stimuleer en meer voordele binne Namibië te behou, het dit tot…
7 Oct 12PM 1 min

Wanvoeding in Hardap-, Karas-streke onder die loep

Die parlementêre Staande Komitee oor Geslagsgelykheid, Maatskaplike Ontwikkeling en Gesinsaangeleenthede het begin met konsultasievergaderings in die Hardap- en Karas-streke oor die plaaslike wanvoedingstatus. Die weeklange konsultasie-toer sal na die distrikshospitale en klinieke wees. Vertroudmakingsbesoeke sal ook aan staatshospitale gebring word. Die vergaderings het vandag met die goewerneur van die Karas-streek…
7 Oct 11AM 1 min

Nobelprys vir Fisiologie/Medisyne gaan vir mikroRNA-ontdekking

2024 se Nobelprys vir Fisiologie of Medisyne is toegeken aan twee Amerikaanse wetenskaplikes, Victor Ambros en Gary Ruykun, vir die ontdekking van mikroRNA en sy rol in die regulering van geen-aktiwiteit. Hulle navorsing toon verskillende seltipes kan bepaalde funksies verrig selfs met dieselfde genetiese inligting. Die belangrike ontdekking is gegrond…
7 Oct 11AM 1 min

Nuwe webwerf gee inligting oor beurse

Die Namibië Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad, NIPDB, het 'n platform ontwikkel waar leerders en studente toegang tot inligting oor beurse kan kry. Die webwerf is 'n samestelling van inligting met advertensies van 'n verskeidenheid maatskappye. Leerders en studente kan die lyste op studyopportunities.nipdb.com kry. Die inisiatief het ten doel om toegang…
7 Oct 10AM 1 min

Politieke partye 'sal op hoogte gehou word van stembrief-druk'

Die Verkiesingskommissie het die kansellasie van sy bodproses vir stembriewe vir die verkiesings aangekondig, met verwysing na kommer oor moontlike vertragings in aflewering. Die besluit om te kanselleer strook met die Wet op Openbare Verkryging en het ten doel om verkiesingsintegriteit te beskerm voor die verkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het…
7 Oct 10AM 1 min