Episode 33 – ‘Dit gaan dieper as wat jy van buite sien …’ – maatskaplike werker vertel oor werk met haweloses

Loading player...
Dit is die verskil wat sy in hulle oë sien. Die hartseer, selfs leë, oë wat lewe kry. Dit is wat maak dat sy bly. So vertel Ntateng Poni, ’n maatskaplike werker by ’n ‘safe space’ van MES. Hier werk sy saam met ’n span kundiges wat hawelose mense wil help om weer hulle menswaardigheid te vind.

Sy vertel hoe nou probleme met geestesgesondheid loop met hierdie dikwels tydsame helingsproses. Die werk, wat sy saam met ’n span kundiges aanpak, stel groot uitdagings, maar, sê sy, as hulle dit nie doen nie, wie sal?

Kollig se podsending met Poni volg op ons vorige gesprek met Elise Felton, ’n inwoner en deelnemer van MES se 4-stapprogram. Luister gerus daarna.

LAAS WEEK SE EPISODE:
https://iono.fm/e/1489150
20 Oct 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 65 | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is. Hy is…
25 Jun 26 min

Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville

Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die…
11 Jun 21 min

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min