Waardeer Jou Onnie!

Loading player...
In hierdie spesiale Onderwyser Waarderingmaand-episode van KLETS, gesels Colene en Matthys met Matthys se voormalige Afrikaanse Juffrou, Carina Wassermann, wat tans hoof is van Hoërskool Wolmaransstad.

Ons KLETS oor hoe die klaskamer deesdae lyk en kyk na die onlangste statistieke oor onderwysers se geestesgesondheid. Juffrou Wassermann deel hoe die klaskamer verander het, en hoe die geestesgesondheid van onderwysers drasties agteruitgegaan het en ’n eerlike bespreking oor die impak wat die BELA Wet op Afrikaanse skole kan hê.

En as jy dink dit gaan net ernstig wees...Juffrou Wassermann deel ’n paar stories oor hoe Matthys as tiener op skool was.

Maar dis nie al nie. Ons KLETS oor die skerp styging in water- en elektrisiteitskoste oor die afgelope 28 jaar en hoe dit bydra tot die feit dat 21% van mense se bankbalanse onder R1000 is voor salarisse inbetaal word.

Koning Charles is uitgeskel deur Lidia Thorpe, ’n Australiese politikus oor sy rol in die koloniale geskiedenis van Australië. Thorpe, bekend vir haar reguit uitsprake oor die ongeregtighede teenoor inheemse mense, het Charles “die koning van moord” genoem tydens ’n openbare verskyning.

En dan, ’n bietjie nader aan die huis, praat ons oor die City of Johannesburg wat inwoners vra om vir ’n beloning van R300 000 idees te gee oor hoe om die stad te verbeter — terwyl die stadsraad jare lank onbevoeg blyk te wees. Die vraag bly: Kan dié skouspelagtige verval omgekeer word deur idees van die publiek, of moet ons dalk eerder kyk na wie die stad bestuur?
23 Oct 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Kiss cams, cronies en konstabels wat hyg

In hierdie week se KLETS ruk ons die kombers van realiteit af – en wat daaronder uitkruip is ’n mengsel van korrupsie, affairs en die laaste krummels van integriteit. Die Coldplay kiss cam het dit weer gewys: ’n man is ’n bok, en ’n bok is… wel, ’n bliksem. Maar…
23 Jul 59 min

The Relocated South African: Emigrasie sonder filters

In hierdie week se KLETS vat ons ’n draai verby die grens saam met Jan Hugo, aanbieder van die potgooi The Relocated South African. Jan het in Oktober 2020 saam met sy vrou na Portugal geëmigreer, in die middel van ’n pandemie, en hy deel met ons wat dit regtig…
16 Jul 1 hr 09 min

Wie beskerm wie? Polisie, politiek en patronising AI

In hierdie week se KLETS ruk Matthys en Colene die kombers af en kyk na wat aangaan in Suid-Afrika – in die strate, in die nuus, in die regering… en selfs in die sterre. Daar’s ’n oorweldige gevoel van wantroue wat al hoe sterker word – teenoor die polisie, teenoor…
9 Jul 50 min

Wyn, woorde en waardes

In hierdie week se KLETS kuier ons in een van die mooiste valleie in Suid-Afrika – die Hemel-en-Aarde Vallei – by Bartho Eksteen Wynlandgoed. Ons gesels met die bekroonde wynmaker Bartho Eksteen en sy seun, Pieter Willem Eksteen – twee wynmense met ’n passie vir eerlike wyn, goeie stories, en…
2 Jul 1 hr 16 min

AI met gevoelens en Suid-Afrika op WW3 se veiligheidslys

Dis 30 jaar sedert 1995 – daardie Springbok-oomblik toe Madiba, in sy nommer 6-trui, die Webb Ellis-trofee aan Francois oorhandig het en ons almal vir ’n kort rukkie saam gebraai het. Maar nou, in 2025, het die Rainbow Nation vervaal. Want terwyl die wêreld op die rand van ’n Derde…
25 Jun 57 min