OPPAD MET GUILMA - Ivan Koopman: Waymaker

Loading player...
In hierdie inspirerende episode van OPPAD MET GUILMA, kuier ons by Pastor Ivan Koopman, 'n boorling van die Kaap en skrywer van die nuutste boek, “Waymaker.” Ivan het sy uitdagende omstandighede oorkom en deel sy persoonlike verhaal oor opgroei in 'n gang-gefekteerde omgewing.

Luister hoe hy die druk om by bendes aan te sluit, weerstaan het en oor sy “depressed years” praat, waarin hy die realiteit van geweld en die verwoesting van hoop ervaar het. Ivan bied waardevolle insigte oor hoe om jongmense te lei, ondersteun, en die belangrikheid van veerkragtigheid en gemeenskap te bou.

Of jy 'n opvoeder, ouer of iemand wat jongmense se stryd verstaan, hierdie episode is vol inspirasie en hoop. Moet nie hierdie kans misloop om te leer hoe “Waymaker” jou kan aanmoedig om 'n verskil te maak in die lewens van ander nie! Sluit aan op Vrydag 25 Oktober tussen 13:00 en 14:00 op 729AM.
25 Oct 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Places & Travel

Other recent episodes

OPPAD MET GUILMA - Gemeenskapsupport & Uitdagings: 'n Diep Duipe in Sosiale Probleeme

Dringende kwessies wat gemeenskappe raak, verken, veral die uitdagings wat die jeug ervaar met dwelms, onderwys en sosiale ondersteuning. Luister na Guilma se pogings om die volgende generasie te bemagtig, dwelmgebruik aan te spreek en onderwysgeleenthede vir kinders te skep. Sy bespreek die belangrikheid van samewerking tussen NPO’s om volhoubare…
7 Feb 45 min

OPPAD MET GUILMA - Willie Lourens se Inspirasievolle Reis na Sukses

Ons gesels met Willie Lourens, die eienaar van WMJ Mobility. Na sy motorfietsongeluk waar hy 'n arm en been verloor het, het Willie baie uitdagings in die gesig gestaar. In plaas daarvan om hierdie teëspoed hom te laat oorweldig, het hy dit omskep in 'n geleentheid. Ontdek hoe Willie sy…
31 Jan 37 min