Gras Sny en Groot Monde

Loading player...
Die EFF in Tshwane beweer nou dat dit “rasisties is om gras te sny” - is dit ’n desperate poging om relevant te bly, of soek hulle net aandag? Dankie, Herman Mashaba – jou “legacy” in die hoofstad sal ons nie sommer vergeet nie!

Gayton McKenzie het ook iets om te sê: hy noem die MK-party se 2024-prestasie ’n “skok van formaat” en waarsku dat slegs die RNE Suid-Afrika kan red van ’n MK-tsunami in 2026. Maar kan Cyril die “G(a)NU” veilig deur die stormagtige waters stuur, of lê "DA" nog golwe voor?

Dan kyk ons na Suid-Afrika se aksie by die Internasionale Hof, waar ons met ’n lêer van amper 5000 bladsye klagtes oor Israel opgedaag het. Is hierdie diplomatieke fokus werklik ons tyd en geld werd? Of verloor ons dalk die plot en k@k op ons eie voorstoep en 3.9 biljoen rand se uitvoere na Israel per jaar? Dis ’n vraag van lojaliteit versus onnoselheid.

En natuurlik kan ons nie die VSA se FOMO-drama ignoreer nie. Kamala Harris wil nou ook op die Joe Rogan podcast verskyn, kort nadat Trump daar was. Met minder as ’n week voor die Amerikaanse presidentsverkiesing is dinge nek-aan-nek. Het Trump nog ’n paar politieke “lewens” oor, of gaan Kamala die Withuis oorneem?
30 Oct 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min