Porsiegroottes en Pretoria in Protes

Loading player...
In hierdie week se KLETS-episode gesels ons met die dieëtkundige, Ané Fourie oor gesonde eetgewoontes en of wyn jou regtig vet maak. Ané gee praktiese raad oor hoe om porsiegroottes te balanseer en gesonde gewoontes te handhaaf, selfs oor die feestyd!

Ané gee ook haar insigte oor gewilde dieetgiere soos plantgebaseerde diëte en "intermittent fasting". Is hierdie giere maklike maniere om gewig te verloor, of net foefies wat jou uithonger? Met praktiese advies verduidelik sy hoe jy jou bord en jou glas kan geniet sonder om jou desember lyf en gesondheid prys te gee.

In Pretoria ruk die Afrikaner-volk op, getooi in helder oranje, om hul stemme te laat hoor oor die BELA Wet. Dit lyk amper soos ‘n nederlandse sokker dag, behalwe dat Gayton McKenzie se "skop" vir Afrikaans die kollig gesteel het.

Intussen oor die waters in Amerika kies die kiesers óf blou óf rooi, en Peanut en Squirrel se pa het skynbaar ‘n groot “Longo.”

Kontak Ané Fourie by anefouriediet@gmail.com of op +27 (0)84 799 5605.

KLETS op Youtube - https://youtu.be/g1AlCOQ0xD0
6 Nov 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min