Te Goed vir Werk, of Net Lui?

Loading player...
In hierdie week se KLETS-episode vra ons die vraag: Is Suid-Afrikaners lui, of is hulle dalk net nie geïnteresseerd om Checkers Sixty60-drywers te wees nie? Die meeste van hierdie drywers is buitelanders, wat beweer dat Suid-Afrikaners nie hierdie as ’n "regte werk" beskou nie. Is daar ’n werksetiek-krisis in Suid-Afrika, of is die "sosialistiese bestel"
eenvoudig te gemaklik?

Ons bespreek ook ActionSA se nuwe veldtog, #Spaza4Locals. Hierdie beweging stel Suid-Afrikaners eerste deur plaaslike ondernemings te ondersteun, maar roep ook vrae op oor die moontlike xenofobiese ondertone. Is dit ’n goeie poging om ekonomiese geleenthede vir Suid-Afrikaners te skep, of net nog ’n manier vir Herman Mashaba om weer aandag te trek?

Intussen praat ons oor die druk wat huiswerkers steeds voel met werksgeleenthede wat ná COVID verminder het. En in Johannesburg word nuwe waterbeperkings of “throttling” ingestel, maar is dit weens Gauteng se R7,3 biljoen skuld aan Rand Water, of het ons werklik ’n waterkrisis?
13 Nov 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min