Rasisme en Realisme

Loading player...
In hierdie week se KLETS ondersoek ons die Instituut vir Rasseverhoudings se onlangse #WhatSACanBe meningspeiling en verslag, wat op 12 November bekendgestel is. Colene en Matthys word vergesel deur Tebogo Ramatjie, ’n voormalige TuksFM-nuuspersoonlikheid en gerespekteerde TV-nuusvervaardiger. Saam KLETS hulle oor die verslag se bevindinge en tackle die groot wit (of dalk swart?) rasisme-olifant wat steeds in die kamer bly rondhang.

Die gesprek draai om rasverhoudings in Suid-Afrika: Is daar hoop vir groter eenheid, of bly ons vasgevang in “swart en wit” hokke? Tebogo deel sy perspektief oor hoe die RNE, ons land se toekoms en wat ons as Suid-Afrikaners kan doen om eenheid te bevorder.

Ons bespreek ook 'n paar ander aktuele nuusgebeure in Suid-Afrika, van internasionale verhoudings en die impak wat hierdie kwessies op ons samelewing en opinies van mekaar het.

En natuurlik, die storie agter daardie legendariese foto van Colene, Tebogo, en Matthys 20 jaar terug en die “Moonlight Tannie van Soweto.” (gaan kyk op www.afrikaans.radio)

Of jy nou hoopvol of skepties is oor die toekoms van rasverhoudings in Suid-Afrika, hierdie gesprek sal jou aan die dink sit.

Hierdie episode is hoofsaaklik in Engels met tong in die kies humor en ’n bietjie nostalgie.
20 Nov 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min