
Die maan
Loading player...
Die maan se bewegings is baie ingewikkeld omdat dit deur die aantrekkingskrag van die aarde, die son en die ander planete beïnvloed word. Omdat dit in vergelyking met die sterre so vinnig beweeg en ook vanweë sy opvallende skyngestaltes, was die maan boonop ʼn belangrike faktor ten opsigte van tydrekening.