
Erosie
Loading player...
Erosie is die verbrokkeling en slytasie van grond of rots deur water, ys en wind. Die belangrike ding om te onthou, is dat daar altyd beweging betrokke is; die gronddeeltjies of klippies word weggevoer. Erosie is ʼn geologiese proses: iets wat dus met die aarde se oppervlak oor ʼn tydperk gebeur.