Verkiesingshof 'kan genader word om verkiesing te skrap'

--:--
Met voorlopige resultate wat stadig inkom, het die gebeure van Woensdag aansienlike uitdagings by stemlokale beklemtoon. Die tekort aan stembriewe het baie kiesers in lang toue laat wag, met onvoldoende kommunikasie of ondersteuning van ECN-amptenare, en sommige kon uiteindelik nie hul demokratiese reg uitoefen nie. Gegewe dat die Grondwet die reg om te stem vir alle verkiesbare burgers waarborg, kan stappe gedoen word om hierdie situasie doeltreffend aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met prokureur Richard Metcalfe, van Metcalfe Beukes Prokureurs, wat verduidelik.
28 Nov 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Alterkasie oor ECN-beampte wat glo stembus wou oopbreek

Die Namib Times het 'n video geplaas van 'n LPM-streeksbeampte vir die Erongo-streek, Margareth du Toit, wat ontsteld is omdat 'n ECN-beampte glo die seëls van stembusse by die Swakopmund insamelingsentrum wou breek om 'n koevert te verwyder. Verskeie partye eis dat dit in hul teenwoordigheid gedoen word. Namib Times…
28 Nov 11AM 1 min

SA Reserwebank wil 50% van BankservAfrica bekom

Die Reserwebank beplan om 'n belang van 50-persent in die grootste betalingsverrekeningshuis in die land, BankservAfrica, te bekom om digitale betaalstelsels te verbeter. Gesprekke duur voort met die eienaars van BankservAfrica. Die sentrale bank wil finansiële insluiting deur digitalisering verbeter, wat volgens hom maatskaplike ontwikkeling sal ondersteun. Pradeep Maharaj van…
28 Nov 11AM 1 min

Drankwinkels naby skole, kerke, woonerwe sal moet sluit

Besighede wat in alkohol handel dryf moet hul dranklisensies voor 31 Maart 2025 hernu. Die Drankwet, nr. 6 van 1998, het onder die loep gekom by die regering se inligtingsessie in die hoofstad. Handelminister Lucia Iipumbu het wysigings aan die wet, wat in 2016 begin het, uitgelig. Drankwinkels naby residensiële…
28 Nov 10AM 1 min

DA gee Cyril voorstelle vir G20-presidentskap

Die DA sê hy het ʼn lys sleutelvoorstelle aan president Cyril Ramaphosa gestuur oor Suid-Afrika se benadering om die G20-beraad aan te bied. Die land maak gereed om Sondag die G20 se presidentskap oor te neem. Dit is die eerste keer dat ʼn Afrika-ekonomie die G20 vir die jaar lange…
28 Nov 10AM 1 min

Beplan en vermy skuld op Swart Vrydag!

Swart Vrydag met al sy winskopies begin môre en kopers word aangemoedig om hul geld oordeelkundig te bestee. Die mikroleningsmaatskappy Letshego het 'n aantal Swart Vrydag-geldbesparingswenke vir die publiek vrygestel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met João Bismarck, Letshego se kliënte-ervaringbestuurder, wat van die wenke gedeel het.
28 Nov 9AM 1 min