Kabinet aanvaar petroleum plaaslike inhoud-beleid
--:--
Inligtingminister Emma Theofelus het die kabinetsbesluite van die 21ste besluitnemingskomiteevergadering wat op 26 November gehou is, aangekondig. Onder die besluite is die totale toelaatbare vangs vir maasbanker wat op 208 000 metrieke ton vasgestel is vir die 2025-seisoen wat in Januarie begin. Die Nasionale Stroomop Petroleum Plaaslike Inhoud-beleid is deur die energieministerie ingedien en die kabinet het dit in beginsel aanvaar. Dit moet nou aan rolspelers in die bedryf gedeel word om ná meer aanbevelings weer aan die kabinet voorgelê te word.