2025 in die Sterre: Politieke Melkweë en Kosmiese Kortsluitings

Loading player...
2025 begin met sterrekyk soos nog nooit tevore! In hierdie KLETS-episode verwelkom Matthys en Colene ons in-house astrologer, Catherine Laurent, om die sterre en planete vir Suid-Afrika te ontleed.

Catherine het die sterrekaarte van agt van die land se bekendste politici ontsyfer en deel haar insigte oor wat die kosmos vir hulle in 2025 voorspel. Sal hulle die jaar op ’n melkweg van sukses deurbring, of wag daar ’n kosmiese kortsluiting op hulle?

Volgens die sterre is daar hoop dat die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) hierdie jaar oorleef, maar natuurlik nie sonder die nodige politieke “lovers quarrels” nie. Catherine voorspel 20 groot oomblikke wat Suid-Afrika hierdie jaar in beroering kan bring. Van ekonomiese hoop tot politieke drama — want dit ís mos Suid-Afrika after all.

Ons draai ook ons teleskope na die internasionale verhoog. Wat voorspel die sterre vir Donald Trump se Amerika? Hoe ontwikkel die Israel-Gaza-konflik en die Rusland-Oekraïne-oorlog?

En ja, ons het ook ’n voorsmakie van wat 2025 vir jou spesifieke teken voorspel. Die sterre ken die antwoord!

Dis ’n lekker lang KLETS met al die voorspellings, drama en humor wat jy nodig het om 2025 aan te pak. En as jy nou wonder wat die sterre oor jou spesifiek te sê het, kontak Catherine per WhatsApp by ‭(079) 696-6740‬ en vind uit!
15 Jan Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min