Die Narratief: Trump, Posseëls en ’n Dry January

Loading player...
In hierdie KLETS-episode van 22 Januarie 2025 praat ons oor ’n paar groot (en klein) gebeure wat die wêreld aan die gons het!

Donald Trump is terug in die Withuis, en op sy eerste dag as president het hy reeds begin om sy campaing beloftes uit te voer – iets wat die “woke democrats” heeltemal oor die muur en in die kleenex gegooi het. Love him or hate him, Trump het die wêreld weer op sy tone.

In Suid-Afrika, het ons ’n splinternuwe posseël. Maar wag – dit is nie so eenvoudig nie. Jy kan dit nie sommer orals koop nie, en ons vra die groot vraag: Wat is die punt as jy dit nie eens kan kry nie?

Hoe gaan dit met jou “Dry January”? En as jy op hierdie dae in enige maand verjaar, sê gerugte dat jy dalk eerder aan ’n “dry life” moet dink.

Hoe klim jy in jou kar? Ja, ons weet dit klink eienaardig, maar navorsing toon mans en vrouens klim op heeltemal verskillende maniere in. Wat sê hierdie interessante (en snaakse) klein narratief oor ons? Dis die tipe vraag wat net in ’n KLETS-episode kan opkom.
22 Jan Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min