Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Loading player...
Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder.

Toe verloop dinge anders …

Haar bejaarde ouers het haar sorg nodig gehad. Sy het besef sy sal moet maniere vind vir ’n volhoubare inkomste. Vandag is sy onder meer ’n deeltydse Lutherse pastor, retraiteleier en hou ’n suksesvolle aanlynbediening aan die gang wat maandeliks tot 40 000 mense bereik.

In kort, haar program is net so besig as wat dit in Johannesburg was. Dit het haar laat besef dit is nie die plek waar ons bly wat ons lewe besig maak nie, dit het te doen met ons menswees. “Ons is verslaaf aan besig wees,” sê sy in ons Kollig-gesprek vir Januarie. Aan die hand van haar boek, Woestynwysheid: Antieke riglyne vir toekomsgerigte mense praat ons oor die moderne mens se behoefte aan stilte, afsondering en eenvoud.

Die boek is onlangs herdruk deur CLF.

Geniet jy om na Kollig te luister? Jy kan hierdie projek se volhoubaarheid ondersteun deur 'n Vriend van Kerkbode te word. Vir hoe, klik net op die webskakel.
24 Jan Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 43 | 'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor?

Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat (net wit?) Afrikaanse boere (?) vir vlugtelingstatus mag aansoek doen by die VSA? In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson…
21 May 25 min

Episode 40 | Gemeentes met gebroke verhale van hoop – Dr Marelize Maritz

Hoe lyk ’n gemeente wat kwalifiseer as ’n “baken” vir die toekoms van die NG Kerk? Só ’n gemeente se storie is dikwels vol gebrokenheid, maar hulle verhaal van aanpas by veranderde omstandighede skets ’n prentjie van hoop. Só vertel dr Marelize Maritz, ’n akademiese navorser van die Vrystaat wat…
8 Apr 30 min

Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?

Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van…
7 Mar 41 min