Vlok onthul: Vir dié Bok sal ek altyd ’n sagte plekkie hê

Loading player...
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Vlok Cilliers hom by ons aan om te gesels oor Frankryk se voorbereiding vir die Sesnasies-reeks. Hy verduidelik wat van Antoine Dupont so ’n spesiale speler maak, en verklap ook wie die beste skopper is wat hy tot nog toe afgerig het. Jóhann Thormählen keer ook vir sy paaltjies ná nóg ’n wilde Stormers-voorspelling. Laat weet ons wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787.
29 Jan 2025 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Proteas gaan nie ‘choke’ nie

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie.
25 Feb 26 min

Skolerugby: Breiers verdien soms meer as skoolhoofde

Die skolerugbykenner Hannes Nienaber sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan. Hy sê watter skole en spelers vanjaar dopgehou moet word en vertel hoeveel van die land se skole hul breiers betaal.
4 Feb 30 min

Neil de Bruin: ‘Pollard ís ’n aanvallende 10’

Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld. Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak…
28 Jan 27 min