Vlok onthul: Vir dié Bok sal ek altyd ’n sagte plekkie hê

Loading player...
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Vlok Cilliers hom by ons aan om te gesels oor Frankryk se voorbereiding vir die Sesnasies-reeks. Hy verduidelik wat van Antoine Dupont so ’n spesiale speler maak, en verklap ook wie die beste skopper is wat hy tot nog toe afgerig het. Jóhann Thormählen keer ook vir sy paaltjies ná nóg ’n wilde Stormers-voorspelling. Laat weet ons wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787.
29 Jan Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Schalk oor Comrades: ‘Laaitie hol agter my aan vir handtekening!’

Die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout het Sondag die Comrades-ultramarathon vir die eerste keer aangedurf en ’n tyd gehardloop waarmee hy sommer baie tevrede is. Dié week sluit hy hom op Rapport Praat Sport aan en gesels oor sy voorbereiding en sy wedloop. Hy vertel hy het in ’n stadium…
11 Jun 25 min

Powell oor oogknip-sage: ‘Jaden se kramp so erg hy kon nog nie weer oefen’

Die oogknip-herrie het die rugbywêreld behoorlik op hol. Siya Kolisi sê die Iere moet oor Jaden Hendrikse se stoute oogknip vir die Munster-losskakel Jack Crowley kom. Munster sê Hendrikse het aangesit – hy het g’n ’n kuitkramp gehad in dié spanne se spannende uitskopstryd verlede naweek op Kingspark nie. Dié week…
4 Jun 29 min

Die Bomb Squad-les wat Johann van Graan by Rassie leer

Johann van Graan, voormalige Springbok-hulpafrigter, het in 2022 ’n Bath-rugbyspan geërf wat, in sy eie woorde, gebroke was. Binne drie seisoene het Van Graan dié Engelse span in ’n breker-eenheid omskep. Bath het vanjaar reeds die Premierliga se Beker-kompetisie gewen, en ook die Uitdaagbeker verower deur verlede naweek vir Lyon…
28 May 33 min

Wat eet die wêreld se sterkste man? Álles, sê Rayno Nel

As ’n jong laaitie in Upington was dit Rayno Nel se droom om eendag groot rugby te speel. Dié droom het later begin wegsyfer . . . en plek gemaak vir iets anders. Nel het die afgelope naweek die Worlds Strongest Man-kompetisie in Amerika gewen. “Ek sal nou dié sport vir niks verruil…
21 May 21 min

Brok Harris: ‘Toe gooi Luke Watson vir my ’n oefentrui...’

Ná ’n loopbaan van bykans twee dekades, en 435 eersterangse wedstryde, het Brok Harris sy tokse weggebêre. Dié week sluit die Stormers-strydros hom by ons aan op Rapport Praat Sport om te oor sy loopbaan gesels. Hy verklap sy taaiste teenstander, die beste speler saam met wie hy ooit gespeel…
14 May 36 min