Neil de Beer: Die Waarheid oor die SA-VSA Spanning, Leierskap, SONA en die RNE

Loading player...
In hierdie KLETS-episode sit Matthys en Colene met Neil de Beer, leier van die United Independent Movement (UIM) en een van die min manne wat nie bang is om dinge te sê soos dit is nie. Terwyl die weer buite dreun, gesels ons oor die onlangse politieke spanning tussen Pretoria en Washington.

Neil deel sy insigte oor Trump se uitvoerende bevel, wat gemik is op Suid-Afrika se nuwe onteieningswet en die rol van Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Strafhof. Hy verduidelik die implikasies van hierdie beleidsbesluite en hoe dit Suid-Afrika se internasionale betrekkinge beïnvloed. En soos altyd, bring Neil sy kenmerkende humor saam—want as jy nie kan lag oor politiek nie, huil jy waarskynlik al klaar!

Ons bespreek ook die onlangse Staatsrede (SONA) en die Regering van Nasionale Eenheid (RNE). Neil gee sy perspektief op leierskap in hierdie uitdagende tye en die pad vorentoe vir Suid-Afrika. Hy deel sy persoonlike ervarings met Nelson Mandela, sy lesse oor versoening en leierskap, en hoe Madiba se wysheid steeds relevant is—iets wat nie van alle hedendaagse leiers gesê kan word nie.

Te midde van die politieke storms, beklemtoon Niel die noodsaaklikheid van daadwerklike optrede teen ongeregtigheid in Suid-Afrika. Hy deel sy planne en inisiatiewe om seker te maak dat geregtigheid vir alle Suid-Afrikaners seëvier. Sy passie en vasberadenheid is ’n inspirasie vir almal wat ’n verskil wil maak.

Met die weer wat buite dreun en die politieke weerlig wat slaan, bied hierdie KLETS-episode ’n insiggewende en kragtige gesprek oor Suid-Afrika se verhouding met die VSA en die toekoms van die land.

Luister nou, voor nóg ’n uitvoerende bevel opdaag!
12 Feb Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Met Almal. Oor Alles en ’n bietjie meer saam Suzaan Steyn

In hierdie week se KLETS kry ons kuier van ’n groot naam in die wêreld van Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn. As jy haar stem al op Radio gehoor het, of haar werk op TV gevolg het, weet jy sy bring stories tot lewe met kennis en…
10 Sep 1 hr 10 min

Totsiens Neil, hallo Hannon en ’n Mouton Curro deal

Ons sê totsiens aan Neil de Beer. 'n Vriend van die show en vegter vir Suid-Afrika. Neil was nooit bang vir ’n moeilike vraag of ’n ongemaklike waarheid nie. Hy’t gelag, ge"moer", gedebatteer en altyd hoop gebring. Hierdie episode is ons huldeblyk aan hom, die man wat ge-KLETS het soos…
3 Sep 59 min

Sport, politiek en die narratief van onderdrukking

In hierdie week se KLETS vat ons die land se temperatuur – en nie net omdat die seisoen draai en jy skielik nie weet of jy ’n baadjie of ’n braaivurk moet vat nie. Ons praat oor sport en emosie: Drikus du Plessis wat wys hoe ’n klap ook ’n…
20 Aug 1 hr 03 min

Kakkerlakke en ’n land vol Dialoog planne

In hierdie week se KLETS kyk ons na die Nasionale Dialoog – daai groot “kom ons gesels”-projek wat miljoene rande kos. Die DA rol hul 6-punt-plan uit om Suid-Afrika reg te ruk – ses fokusareas wat, volgens hulle, die land kan draai van chaos na iets wat lyk soos orde…
13 Aug 55 min

9 Augustus 2025 - 'n Ode aan Vroue

Vrouedag: Sy’t Onthou” 9 Augustus. Dis nie net ’n vakansiedag nie. Dis nie net “discount op blompotte by Checkers” nie. Dis nie net ’n WhatsApp-storie met pienk skrif en “Jy’s spesiaal, vriendin” nie. Dis ’n dag. ’n Ernstige dag. Met geskiedenis. Met backbone. 1956. Pretoria. Uniegebou. 20 000 vroue. Nie…
9 Aug 4 min