Episode 37 | Die belydenis van Nicea - die kerkbelydenis wat ‘almal vir 1 700 jaar saam bely’

Loading player...
Toe hy grootgeword het, het hy gedink Christene is Afrikaanse mense soos hy, want hy het nie baie kontak met ander mense gehad nie. Mettertyd het hy egter verstaan dat daar ander mense is wat die Here net so lief het soos hy, maar dalk op ’n ander manier.

So vertel dr Leon Foot van die NG Kerk in die Vrystaat. Helene Meissenheimer hoor by hom hy hoop die Belydenis van Nicea, een van die vroegste Christelike geloofsbelydenisskrifte, kan die hedendaagse kerk help. Hy sê daar is geen ander belydenis wat so ekumenies is soos hierdie een wat verklaar Jesus is die “eniggebore Seun van God … God uit God, Lig uit Lig” nie. “Dit is die een belydenis wat ons almal saam bely,” vertel hy oor hierdie belangrike kerklike geskrif wat vanjaar presies 1700 jaar terug opgestel en aanvaar is.
16 Feb Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 43 | 'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor?

Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat (net wit?) Afrikaanse boere (?) vir vlugtelingstatus mag aansoek doen by die VSA? In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson…
21 May 25 min

Episode 40 | Gemeentes met gebroke verhale van hoop – Dr Marelize Maritz

Hoe lyk ’n gemeente wat kwalifiseer as ’n “baken” vir die toekoms van die NG Kerk? Só ’n gemeente se storie is dikwels vol gebrokenheid, maar hulle verhaal van aanpas by veranderde omstandighede skets ’n prentjie van hoop. Só vertel dr Marelize Maritz, ’n akademiese navorser van die Vrystaat wat…
8 Apr 30 min

Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?

Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van…
7 Mar 41 min