Van Potholes tot Poachers en Ice Baths

Loading player...
In die KLETS-episode gesels Matthys en Colene met die sjamaan Ahanu, van Namaskar Wellness Hub in Johannesburg, oor sjamanisme en wat dit beteken om ’n sjamaan te wees.

Is dit net rook, kristalle en spiritualiteit, of is daar dieper wysheid agter hierdie eeue-oue praktyk? Ahanu verduidelik hoe energiegenesing en bewuste bewustheid mense kan help op hul lewenspad en hoekom hierdie praktyk in ’n moderne wêreld nog so relevant is.

Ons plunge (ja, in yswater) reg in die wêreld van koue-terapie of "ice plunging". Hoekom gooi mense hulleself vrywillig in yskoue baddens? Is dit net ‘n trend of is daar werklik voordele vir jou liggaam en gees? Ahanu verduidelik hoe ice plunging spanning verlig, die immuunstelsel bevorder en jou geestelike balans verbeter.

Terwyl ons praat oor innerlike balans, verloor sommige ministers heeltemal hulle balans met hul absurde stellings. Van potholes tot poachers, Suid-Afrikaanse politici was die afgelope ruk in topvorm met kwytskeldings wat jou laat lag en huil op dieselfde tyd.

En dan is daar komkommers en pickles — die span se persoonlike ervarings van die afgelope naweek!

Om dinge af te sluit, spoel Matthys sy mond uit oor HIV/AIDS —’ n onderwerp wat steeds stigma dra, maar waaroor eerlik gepraat moet word.

Wil jy meer weet oor sjamanisme en koue-terapie? Kontak vir Ahanu van Namaskar Wellness Hub by https://namaskartmt.co.za/ of 081 773 4477.

Luister nou en maak gereed vir ’n wilde rit deur ys, spiritualiteit en Suid-Afrika se mees absurde politiek!
18 Feb Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min