
Kenner sê DeepSeek hou groot gevare vir inligting in
Loading player...
Aflaaie van die Chinese KI-toepassing DeepSeek, wat heelwat goedkoper is as ouer KI-modelle soos ChatGPT, is in Suid-Korea opgeskort. Dit was na DeepSeek erken het dat hulle nie sommige van die land se reëls oor die beskerming van persoonlike data nagekom het nie. Wanneer dit reggestel is sal die toep weer afgelaai kan word. In Namibië is die wetsontwerp op die beskerming van data nog nie voltooi nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Vanessa Maresch van Salt Essentials IT, wat die gevare wat DeepSeek inhou uitlig.