Begrotingsrede, Trump en Hoogverraad? Wat Lê Voor vir Suid-Afrika?

Loading player...
Suid-Afrika se ekonomiese en politieke landskap is op ‘n breekpunt, en hierdie week se KLETS-episode kyk ons na die kwessies wat die Rand en internasionale verhoudings beïnvloed. Matthys gesels met Andre Cilliers, hoofvalutarisiko-strateeg by TreasuryOne, oor hoe die begrotingsrede op 12 Maart ons finansiële toekoms kan vorm.

Die begroting is reeds vertraag en die onsekerheid groei. Sal die Minister van Finansies ‘n realistiese plan aanbied om Suid-Afrika se skuldkrisis en ekonomiese stagnasie aan te pak, of is hierdie net nog ‘n poging om ‘n sinkende skip te patch? Andre gee sy insigte oor belasting, fiskale strategie en hoe dit jou sak raak.

Maar daar is méér as net binnelandse ekonomie wat ons beursies beïnvloed. Suid-Afrika se diplomatieke houdings het ons reeds in ‘n ongemaklike posisie geplaas en die spanning bou. Die Withuis is in rep en roer na ‘n uitval tussen Donald Trump en Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky – ‘n diplomatieke ramp wat wêreldwyd skokgolwe veroorsaak. Dit plaas Suid-Afrika in ‘n nog moeiliker posisie, veral as Ramaphosa aanbevelings ontvang om nié vir Trump te gaan kuier nie.

Trump se terugkeer na die Withuis bring onsekerheid oor Amerikaanse handelsverhoudinge met Suid-Afrika. Gaan hy harder slaan op lande wat nie sy geopolitieke sienings deel nie? Wat beteken dit vir AGOA en internasionale beleggings? Andre breek dit af en verduidelik hoe ‘n Amerika-gesentreerde ekonomiese beleid Suid-Afrika en ander ontwikkelende lande kan beïnvloed.

Intussen is die Regering van Nasionale Eenheid nog in ‘n toetsfase. Beleggers kyk skepties na hoe hierdie politieke eksperiment ‘n impak het op beleidsbesluite en of dit werklik ekonomiese stabiliteit bring. Kan hierdie RNE regering in sy huidige vorm volhou, of is ons besig om in ‘n nog groter politieke en finansiële moeras in te sink?

Asof dinge nie alreeds onstuimig genoeg is nie, het hoogverraad-klagtes teen AfriForum en Solidariteit skokgolwe deur die land gestuur. Wat beteken hierdie regstryd vir burgerlike organisasies en Suid-Afrika se demokrasie? Is dit bloot politieke speletjies, of lê daar ‘n ernstiger agenda agter hierdie beweerde staatsgevaar?

Van ‘n onstuimige ekonomiese toekoms, ‘n internasionale diplomatieke storm en plaaslike politieke drama, tot die impak wat dit op gewone Suid-Afrikaners se sakke en vryhede het.
5 Mar Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min