Begroting 2.0 en Weet Cyril Waar Hy Bly?

Loading player...
Colene se stem is terug net betyds vir ‘n baie belangrike Woensdag – die dag waarop die begrotingsrede 2.0 uiteindelik in die parlement voorgelê word. Wie het die armdrukgeveg binne die Regering van Nasionale Eenheid gewen? Het die ANC geswig onder die druk van sy koalisievennote, of is hierdie begroting net nog ‘n kompromie wat niemand tevrede gaan stel nie?

Intussen is Cyril Ramaphosa weereens geskok, verbaas en verstom – die keer oor die toestand van Johannesburg. Regtig, Cyril? In watter land bly jy? Was jy onlangs in Luthuli House, of is dit net gerugte dat die ANC se NEC nog daar vergader?

Gayton McKenzie is terug in die nuus met ‘n nuwe kontroversiële aanstelling-beleid. Hy wil nou blankes en kleurlinge in sy departement aanstel. Maar is dit ‘n revolusionêre plan om balans te bring, of net nóg ‘n politieke gier om sy naam in die hoofopskrifte te hou?

Intussen bly Elon Musk se status as ‘n ware Suid-Afrikaner onder verdenking. Hy is blykbaar nie “swart genoeg” vir sekere voordele nie, maar die Chinese word wel as swart gekwalifiseer in Suid-Afrika. Nou lyk dit of ons dalk nie Starlink nie, maar China se weergawe – SpaceSail – in SA kan verwelkom. Want as daar een ding is wat ons weet, is dit dat die regering baie lief is vir Chinese geld.

En dan is daar die kunswêreld wat wéér mense laat kopkrap – ‘n vegetariër het varkies sonder kos en water opgestuit as deel van ‘n kunsuitstalling. Alles om nog 'n woke statement te maak.

Van ‘n moontlike chaotiese begroting en Cyril se ontnugtering, Chinese internet en ‘n man met ‘n baie duur dieet – hierdie KLETS-episode is nie vir sensitiewe luisteraars nie.

Sit jou veiligheidsgordel aan en watch hierdie move!
12 Mar Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min