Bizskoops - 13 Maart 2025

Loading player...
Ons het vandag 'n baie spesiale program.

# Eerstens kyk ons na die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede.
# Die Ekonoom, professor Waldo Krugell, sal ook vir ons sy terugvoer gee oor die toespraak.
# Daarna loer ons in by die tweede Cape Winelands Knowledge Sharing fees wat vroeër hierdie week in die Paarl plaasgevind het.
Die geleentheid het byna uitsluitlik gefokus op werkloosheid onder die jeug en die rol wat Kunsmatige Intelligensie kan speel om hierdie maatskaplike euwel te help verlig.
Newskoop het die geleentheid bygewoon en ons het van bedryfsleiers soos die visepresident van LinkedIn, Seamus Clancy, gehoor oor hoe gemeenskapsradiostasies LinkedIn as 'n instrument kan gebruik om hul gehoor te bereik en by te dra om werkloosheid in hul gemeenskappe aan te spreek.
# Ons het ook gesels met die Direkteur van Digitale Leeroplossings van SpecCon Consulting, Hermias Niewoudt. Hermias vertel meer oor hoe hul digitale platforms kortkursusse aan werklose jeugdiges regoor die land beskikbaar stel teen die fraksie van die prys van ander aanlynkursusse.
# Ons het ook daarin geslaag om in gesprek te tree met professor Liz Archer van die Universiteit van Wes-Kaapland. Professor Archer is 'n spesialis op die gebied van KI in hoër onderwys en sy het 'n paar wenke met die jonger generasie gedeel oor hoe om voor te berei vir die wêreld van werk en hoe om meer indiensneembaar te word.
13 Mar Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 16 Oktober 2025

Op die program vandag... # Die Moody’s graderingsagentskap verwag dat Suid-Afrika se ekonomie hierdie jaar kan groei # Die dalende Amerikaanse dollar bevoordeel tans die Suid-Afrikaanse rand # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die goudprys wat ʼn hoogtepunt bereik het # In internasionale sakenuus… China wil hoëtegnologie-vervaardiging bevorder #…
16 Oct 11 min

Bizskoops - 9 Oktober 2025

Op die program vandag... # President Cyril Ramaphosa het die stigting van 'n Ekonomiese Oorlogskamer in die Presidensie voorgestel # Beleidsonsekerheid in Suid-Afrika het 'n rekordhoogtepunt bereik # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor ekonomiese aanwysers en die sogenaamde Second China Shock # In internasionale sakenuus… Die prys van…
9 Oct 10 min

Bizskoops - 2 Oktober 2025

Op die program vandag... # Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens skiet tekort aan sy doelwit om vanjaar ekstra inkomste in te samel # Suid-Afrika se negatiewe verbruikersvertroue is 'n bron van kommer # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor die onlangse verbruikersvertrouesyfers # Die Amerikaanse federale regering het gesluit # Ons…
2 Oct 15 min

Bizskoops - 18 September 2025

Op die program vandag... # Die jaarlikse verbruikersprysinflasie daal effens in Augustus # Die Suid-Afrikaanse motorsektor staar groeiende uitdagings in die gesig # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor die BBP-syfers wat verlede week vrygestel is # In internasionale sakenuus… Microsoft is gereed om in die Verenigde Koninkryk se…
18 Sep 10 min

Bizskoops - 11 September 2025

Op die program vandag... # President Cyril Ramaphosa het steun uitgespreek vir die inkomende staatsbeheerde Postbank # Suid-Afrika se BBP het opwaarts verras # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor die ekonomie van sport # In internasionale sakenuus… 'n Federale regter het die Amerikaanse president Donald Trump tydelik verhoed…
11 Sep 9 min