Huishoudelike inkomste- en uitgawes sensus op pad

Loading player...
Die Namibië Statistiek-agentskap gaan 'n huishoudelike inkomste- en uitgawes sensus hou vanaf 24 Maart tot 16 Maart volgende jaar in al 14 streke. Sensusbeamptes sal uitgeken word aan hulle agentskap identiteitskaarte, uniforms en handelsmerke op hul voertuie. Inwoners word versoek om saam te werk en akkurate inligting te verskaf, aangesien die gegewens noodsaaklik is vir die beoordeling van armoede, ongelykheid en sosio-ekonomiese neigings. Alle inligting wat ingesamel word, sal vertroulik bly en slegs vir statistiese doeleindes gebruik word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Brian Black, die nasionale voorsitter van die IPC, wat almal aanmoedig om deel te neem aan die belangrike sensus.
17 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beveg korrupsie, maar waar's die Fluitjieblaser-wet?

Namibiërs wag nog steeds in afwagting dat die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers volledig in werking gestel moet word. Dit is nodig om korrupsie te help ontbloot. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar staatsrede die belangrikheid daarvan om korrupsie te beveg uitgelig, om die land se natuurlike hulpbronne te…
24 Apr 12PM 1 min

Zelensky, Cyril kom ooreen oor meer samewerking

President Cyril Ramaphosa en sy Oekraïense eweknie, Volodymyr Zelensky, het ooreengekom om samewerking tussen die twee lande te versterk en saam te werk aan sleutelgebiede, insluitend handel, energie en onderwys. Die twee leiers het tydens samesprekings by die Uniegebou in Pretoria maniere bespreek om bilaterale betrekkinge uit te brei en…
24 Apr 12PM 1 min

President kondig gratis tersiêre onderwys aan

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar eerste staatsrede aangekondig dat tersiêre onderwys vanaf 2026, 100 persent deur die regering gesubsidieer sal word. Geen registrasie- of klasgelde sal gehef word by staatsbefondsde hoër onderwys instellings nie. Sy het ook herhaal dat die bevolking te klein is om soveel armoede te beleef…
24 Apr 11AM 1 min

Moenie noodsaaklike privaat sekuriteit ontwapen nie: Action Society

Action Society dring aan op die onmiddellike herroeping van die voorgestelde wysigings aan regulasies vir privaat sekerheid, en waarsku dat dit openbare veiligheid ernstig in gevaar kan stel. Hulle voer aan dat die konsepregulasies noodsaaklike sekerheidsdienste sal verswak, veral in hoë-misdaadgebiede waar die polisie dikwels onderbeman en onderbefonds is. Die…
24 Apr 11AM 1 min

Zelensky vra hulp om Oekraïense kinders huis toe te bring

Die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, het Suid-Afrika gevra om te help met die terugkeer van meer as 400 Oekraïense kinders wat tydens die oorlog na Rusland geneem is. Hy het tydens sy besoek aan Pretoria deur 'n tolk gesê baie van die kinders is teen hul wil geneem en word…
24 Apr 11AM 1 min