Afrika-perdesiekte: Ent eers in Junie

Loading player...
Agra waarsku perde-eienaars om nie hul diere teen Afrika-perdesiekte voor Junie in te ent nie, aangesien perde slegs na veelvuldige entstofrondes sterk immuniteit ontwikkel. Jong perde van ses maande en ouer het twee rondes per jaar tot vier jaar oud nodig, maar inentings moet slegs tussen Junie en Oktober gedoen word. Vroeër inentings vergroot die risiko vir uitbrekings, aangesien steekvliegies die verswakte virus in 'n dodelike vorm kan versprei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met veearts Theuns Laubscher van die Windhoek Veearts-kliniek, wat 'n waarskuwing rig.
18 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zelensky, Cyril kom ooreen oor meer samewerking

President Cyril Ramaphosa en sy Oekraïense eweknie, Volodymyr Zelensky, het ooreengekom om samewerking tussen die twee lande te versterk en saam te werk aan sleutelgebiede, insluitend handel, energie en onderwys. Die twee leiers het tydens samesprekings by die Uniegebou in Pretoria maniere bespreek om bilaterale betrekkinge uit te brei en…
24 Apr 12PM 1 min

President kondig gratis tersiêre onderwys aan

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar eerste staatsrede aangekondig dat tersiêre onderwys vanaf 2026, 100 persent deur die regering gesubsidieer sal word. Geen registrasie- of klasgelde sal gehef word by staatsbefondsde hoër onderwys instellings nie. Sy het ook herhaal dat die bevolking te klein is om soveel armoede te beleef…
24 Apr 11AM 1 min

Moenie noodsaaklike privaat sekuriteit ontwapen nie: Action Society

Action Society dring aan op die onmiddellike herroeping van die voorgestelde wysigings aan regulasies vir privaat sekerheid, en waarsku dat dit openbare veiligheid ernstig in gevaar kan stel. Hulle voer aan dat die konsepregulasies noodsaaklike sekerheidsdienste sal verswak, veral in hoë-misdaadgebiede waar die polisie dikwels onderbeman en onderbefonds is. Die…
24 Apr 11AM 1 min

Zelensky vra hulp om Oekraïense kinders huis toe te bring

Die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, het Suid-Afrika gevra om te help met die terugkeer van meer as 400 Oekraïense kinders wat tydens die oorlog na Rusland geneem is. Hy het tydens sy besoek aan Pretoria deur 'n tolk gesê baie van die kinders is teen hul wil geneem en word…
24 Apr 11AM 1 min

USAid-fondse droog op, maar organisasies maak plan

Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel op 20 Januarie om internasionale USAid-befondsing op te skort, het sommige plaaslike organisasies, veral dié in die LGBT-gemeenskap, hoog en droog gelaat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Patrick Reissner, mede-stigter van Equal Namibia, wat verduidelik hoe hulle die finansiële terugslag hanteer.
24 Apr 11AM 1 min