Hoekom maak NamWater debiteure bekend?

Loading player...
NamWater het 'n lys vrygestel van sy grootste debiteure en hulle versoek om hul uitstaande waterrekeninge te vereffen. Byna die helfte van die uitstaande skuld van meer as 2,437 miljard Namibiese dollar word geskuld deur onder andere ministeries, munisipaliteite, dorpsrade, besproeiingsprojekte en private inwoners. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner Dr. Marius Kudumo gepraat wat sê dit is vreemd dat NamWater so 'n lys vrystel.
18 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

President kondig gratis tersiêre onderwys aan

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar eerste staatsrede aangekondig dat tersiêre onderwys vanaf 2026, 100 persent deur die regering gesubsidieer sal word. Geen registrasie- of klasgelde sal gehef word by staatsbefondsde hoër onderwys instellings nie. Sy het ook herhaal dat die bevolking te klein is om soveel armoede te beleef…
24 Apr 11AM 1 min

Moenie noodsaaklike privaat sekuriteit ontwapen nie: Action Society

Action Society dring aan op die onmiddellike herroeping van die voorgestelde wysigings aan regulasies vir privaat sekerheid, en waarsku dat dit openbare veiligheid ernstig in gevaar kan stel. Hulle voer aan dat die konsepregulasies noodsaaklike sekerheidsdienste sal verswak, veral in hoë-misdaadgebiede waar die polisie dikwels onderbeman en onderbefonds is. Die…
24 Apr 11AM 1 min

Zelensky vra hulp om Oekraïense kinders huis toe te bring

Die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, het Suid-Afrika gevra om te help met die terugkeer van meer as 400 Oekraïense kinders wat tydens die oorlog na Rusland geneem is. Hy het tydens sy besoek aan Pretoria deur 'n tolk gesê baie van die kinders is teen hul wil geneem en word…
24 Apr 11AM 1 min

USAid-fondse droog op, maar organisasies maak plan

Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel op 20 Januarie om internasionale USAid-befondsing op te skort, het sommige plaaslike organisasies, veral dié in die LGBT-gemeenskap, hoog en droog gelaat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Patrick Reissner, mede-stigter van Equal Namibia, wat verduidelik hoe hulle die finansiële terugslag hanteer.
24 Apr 11AM 1 min

So wil regering jeugwerkloosheid bekamp

Jeug-werkloosheid het 'n nypende kwessie in die land geword. Volgens die Namibië Statistiek-agentskap is die totale werkloosheidsyfer 36,9 persent, met werkloosheid onder die jeug op 'n verbysterende 44,4 persent. Hoewel vele sektore die syfers betwis as te laag, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah dit so in haar staatsrede aangehaal. Sy het…
24 Apr 10AM 1 min