Net nog enetjie | VSA ruk die diplomatieke mat onder Rasool uit | Ep. 35

Loading player...
In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die sondes van Ebrahim Rasool, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur na die VSA. Na Rasool uit Amerika geskop is, het die ANC verbasend genoeg nie tot sy verdediging gesnel nie. Dit lyk al meer of die ANC tog bereid is om ʼn bietjie deur die VSA geboelie te word en net dalk die veranderinge aan buitelandse beleid aan te bring wat Trump vereis.
Chapters
  • 00:00 Inleiding
  • 01:35 Die VSA skop Rasool uit
  • 22:33 Begroting 2.0
  • 31:32 Luisteraarsvraag: Waar trek Bela?
18 Mar 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Die kroko-Zille, hoe maak hulle? | Ep. 74

Johannesburg se slaggate is nou al so groot dat jy daarin kan swem, en dit is ook presies wat sy gedoen het om die vlakke van verval uit te wys. Dié briljante verkiesingstoertjie het dalk groot opslae gemaak, maar gaan dit vir die DA ʼn meerderheid in Johannesburg verseker? Dit…
1 Apr 22 min

Net nog enetjie | Die son sak oor Alles-ras | Ep. 73

Daar is toenemende konsensus dat die huidige stelsel nie werk nie. Waar sommige dit al jare lank uitwys, begin ander dit nou eers – soms huiwerig – erken. Tog is daar steeds diegene wat hardnekkig vasklou aan die idee dat die beleid moreel reg is, en dat slegs die implementering…
25 Mar 23 min