Maroela Media Net nog enetjie

Net nog enetjie

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico.
Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom.
"Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · News
58 Episodes
1 – 20

Net nog enetjie | Die (bes)ope brief al die pad uit ivoortorings | Ep. 57

In hierdie week se Net nog enetjie kyk Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder na die ope brief van 40 Afrikaners wat onlangs reguit uit die ivoortorings gekom het – ʼn brief met ʼn alternatiewe “Afrikaner-mening”, maar nie noodwendig ʼn vreeslik gewilde een nie. Die span bespreek die inhoud,…
28 Oct 28 min

Net nog enetjie | Die DA kies SE-Nee bo SEB | Ep. 56

Die party stel voor dat die bestaande stelsel van SEB vervang word met ekonomiese bemagtiging gebaseer op meriete eerder as ras. Want, sê hulle, stap een in ekonomiese groei is eenvoudig – hou op steel en doen spesifiek weg met beleid wat die steel moontlik maak.
22 Oct 25 min

Net nog enetjie | Die politieke sirkus op die dorp | Ep. 54

Vandeesweek laat die politieke sirkus op die dorp ons met geen rus nie. Eerste is Julius Malema wat uiteindelik in ʼn hof skuldig bevind is aan iéts! Hy gaan nie sommer binnekort die binnekant van ʼn tronk sien nie, maar gaan wel moet hoes om sy skuldboete te betaal. Die…
7 Oct 26 min

Net nog enetjie | Mnr. Donald speel die (Trump)-tariefkaart | Ep. 49

Die VSA se nuwe tariefkaart is nie bloot ʼn ekonomiese skuif nie – dit is ʼn politieke hefboom. Tariewe word doelbewus gebruik om handelsverhoudinge te heronderhandel op maniere wat beter inpas by Amerika se belange. In Suid-Afrika se Deal or no Deal-episode staan Ramaphosa so verstar soos ʼn bok voor…
31 Jul 35 min

Net nog enetjie | Ramaphosa laat die koppe rol | Ep. 48

Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl…
22 Jul 23 min

Net nog enetjie | Staan die “D” in “DA” vir doen of dreig? | Ep. 46

Die regering van nasionale eenheid (RNE) se fondasie is die afgelope week geskud met president Ramaphosa wat DA-adjunkminister, Andrew Whitfield, afgedank het. Groot drama het gevolg, maar op die ou end het die DA eintlik maar net gereageer met ʼn sterk bewoorde brief. Het die DA nog murg in hulle…
3 Jul 23 min

Net nog enetjie | Is Wêreldoorlog 3 op pad? | Ep. 44

In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor of die derde wêreldoorlog op pad is. Konflik in die Midde-Ooste het wéér vererger na Israel ʼn aanval op Iran van stapel gestuur het. Is hierdie die laaste strooi voor ʼn globale…
19 Jun 29 min

Net nog enetjie | To BEE or not to BEE | Ep. 43

President Ramaphosa het in sy nuusbrief hierdie week gal gebraak oor hoe belangrik swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is, hoe verkeerd kritici van transformasie is en hoekom die regering gaan voortgaan met dié verwoestende beleid. In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel…
11 Jun 24 min

Net nog enetjie | Die regering word RN-Een | Ep. 42

Die regering van nasionale eenheid is hierdie week ’n jaar gelede gevorm. In hierdie week se episode van Net nog enetjie vra Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder of dit alles die moeite werd was. Die drie doen ’n bestekopname van alles wat die afgelope jaar gebeur het, of…
6 Jun 33 min

Net nog enetjie | Ramp vs. Trump in die Withuis | Ep. 40

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die Trump vs. Ramp wat Woensdagaand in die Withuis afgespeel het. Ons het maande lank in afwagting gesit en wag om te sien of die Suid-Afrikaanse regering ook ʼn afvaardiging na die…
22 May 34 min
1 – 20