
Net nog enetjie | Waghond, bloedhond, skoothond of muishond? | Ep. 87
Loading player...
Die media word dikwels beskryf as die samelewing se waghond – die instansie wat daarmee getaak is om die maghebbers dop te hou en aanspreeklik te hou. Maar hoeveel vertroue het mense vandag nog in die media? En wanneer verander ʼn waghond in ʼn bloedhond, skoothond of selfs ʼn muishond? In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder oor die stand van die media in Suid-Afrika.

