President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar eerste staatsrede aangekondig dat tersiêre onderwys vanaf 2026, 100 persent deur die regering gesubsidieer sal word. Geen registrasie- of klasgelde sal gehef word by staatsbefondsde hoër onderwys instellings nie. Sy het ook herhaal dat die bevolking te klein is om soveel armoede te beleef…
Action Society dring aan op die onmiddellike herroeping van die voorgestelde wysigings aan regulasies vir privaat sekerheid, en waarsku dat dit openbare veiligheid ernstig in gevaar kan stel. Hulle voer aan dat die konsepregulasies noodsaaklike sekerheidsdienste sal verswak, veral in hoë-misdaadgebiede waar die polisie dikwels onderbeman en onderbefonds is. Die…
Die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, het Suid-Afrika gevra om te help met die terugkeer van meer as 400 Oekraïense kinders wat tydens die oorlog na Rusland geneem is. Hy het tydens sy besoek aan Pretoria deur 'n tolk gesê baie van die kinders is teen hul wil geneem en word…
Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel op 20 Januarie om internasionale USAid-befondsing op te skort, het sommige plaaslike organisasies, veral dié in die LGBT-gemeenskap, hoog en droog gelaat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Patrick Reissner, mede-stigter van Equal Namibia, wat verduidelik hoe hulle die finansiële terugslag hanteer.
Jeug-werkloosheid het 'n nypende kwessie in die land geword. Volgens die Namibië Statistiek-agentskap is die totale werkloosheidsyfer 36,9 persent, met werkloosheid onder die jeug op 'n verbysterende 44,4 persent. Hoewel vele sektore die syfers betwis as te laag, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah dit so in haar staatsrede aangehaal. Sy het…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.