Persona Non Grata: Wat Nou?

Loading player...
In hierdie KLETS-episode bespreek ons die jongste diplomatieke drama tussen Suid-Afrika en die VSA. Die VSA het pas die Suid-Afrikaanse diplomaat Ebrahim Rasool as ‘persona non grata’ verklaar – ’n stap wat nie net opslae maak nie, maar ook vrae ontketen oor die toekoms van bilaterale betrekkinge tussen die twee lande.

Om hierdie verwikkelinge beter te verstaan, het ons gesels met Gert Grobler, ’n gesoute diplomaat met byna vier dekades se ervaring in internasionale betrekkinge. Hy het Suid-Afrika in verskeie lande verteenwoordig, insluitend Duitsland, die VSA, die VK, Spanje, Japan, Madagaskar en Angola, en was ambassadeur in Spanje, Japan en Madagaskar. Hy het senior poste in DIRCO beklee en bly steeds ’n aktiewe stem in diplomatieke kringe.

Maar wat beteken dit regtig om ‘persona non grata’ verklaar te word? Is dit net ’n simboliese klap, of is dit ’n teken dat Suid-Afrika se verhouding met die VSA besig is om ernstig te versuur? Moet ons bekommerd wees, of is die VSA regering dalk net bietjie te sensitief?

Hierdie voorval kom op ’n strategiese tydstip, aangesien Suid-Afrika tans die voorsitter van die G20 is. Dit laat ons wonder: Hoe gaan hierdie spanning Suid-Afrika se invloed in globale besluite beïnvloed? Word ons gesien as ’n diplomatieke swaargewig, of steeds ’n land wat sukkel om sy plek in die wêreldorde te behou?

Dan vra ons die groot vraag: Wat staan die Suid-Afrikaanse regering nou te doen? Is daar ’n plan om die verhouding met die VSA te red, of moet ons maar vrede maak met die feit dat dinge net nog moeiliker kan raak?

Verder kyk ons na hoe hierdie krisis Suid-Afrika se internasionale beeld, handelsbetrekkinge en diplomatieke strategie beïnvloed.

Dis politiek, diplomasie en die groot speletjies wat agter die skerms gespeel word.

Luister nou en kry ’n insiggewende blik op Suid-Afrika se jongste internasionale tamaletjie!
19 Mar Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min