Bibi hou voet by stuk die oorlog sal voortduur

Loading player...
Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die nuwe vlaag van lugaanvalle teen Hamas-teikens in Gaza is maar die begin. Minstens 413 mense is dood en nog 562 is in Maandag se aanval beseer. Die lugaanvalle het 'n einde gebring aan die brose skietstaking tussen Hamas en Israel. Netanyahu het sy voornemens herbevestig om aan te hou veg totdat alle gyselaars vrygelaat en Hamas vernietig is:
19 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aanspreeklikheid in bestuur van natuurlike hulpbronne ononderhandelbaar

Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne, dr. Tobie Aupindi, sê aanspreeklikheid in die bestuur van die land se natuurlike hulpbronne is ononderhandelbaar. Hy het tydens 'n belanghebbendes-werkswinkel in Swakopmund beklemtoon dat daar verder as oppervlakkige samewerking beweeg en ten volle met die parlement geskakel moet word…
16 Jul 2AM 1 min

Cyril moet sê oor diplomatieke strategie vir VSA

Die GOOD-party sê president Cyril Ramaphosa moet dringend die volk oor die diplomatieke strategie vir die VSA inlig. Dit volg na die DA se bewerings dat Ramaphosa maande reeds geweet het dat die spesiale gesant, voormalige adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, 'n visum deur Amerika geweier is. Die sekretaris-generaal van…
16 Jul 2AM 1 min

Namibië moet bankvas agter Welwitschias staan

Namibië en Zimbabwe speel Saterdag in die eindstryd van die 2025 Rugby Afrikabeker nadat die twee spanne hul halfeindronde wedstryde teen onderskeidelik Algerië en Kenia in Kampala, Uganda, gewen het. Saterdag kan daar net een wees – die wenner kwalifiseer vir 'n plek by die Mansrugby Wêreldbeker in Australië in…
16 Jul 1AM 1 min

Meer as 7 000 Afghane is in VK hervestig na inligting uitlek

Duisende Afghaanse mense waarvan sommige saam met Britse magte in Afghanistan gewerk het, is in die geheim in die Verenigde Koninkryk hervestig nadat ʼn Britse amptenaar in 2022 per ongeluk hul inligting laat uitlek het. Die flater het die persoonlike inligting van byna 20 000 mense bekendgemaak en stel hulle…
16 Jul 1AM 1 min

Cyril weet sedert Mei Mcebisi is deur VSA verwerp

Die DA sê president Cyril Ramaphosa het maande gelede reeds geweet Amerika het 'n diplomatieke visum aan die voormalige adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, geweier en dat sy geloofsbriewe reeds in Mei verwerp is. Hy het egter steeds Suid-Afrika se amptelike gesant gebly en uit die land vertrek sonder voldoende…
16 Jul 1AM 1 min