Nuwe (weer tydelike) hoof vir Namcor

Loading player...
Die adjunk-goewerneur van die sentrale bank, Ebson Uanguta keur terug na sy pos toe na meer as ‘n jaar by Namcor waar hy as tussentydse hoof gedien het. Hy is in Januarie verlede jaar na die petroleum maatskappy gesekondeer na Immanuel Mulonga afgedank is. Paulo Coelho, Namcor-woordvoerder sê Victoria Sibeya sal waarneem terwyl die aanstellingsproses voortduur.
28 Mar 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbouministerie sit koppe bymekaar vir nuwe plan

Die landbouministerie hou vandag sy strategiese beplanningswerksessie aan die kus. Die verkrygingsplanne en die prestasie van die ministerie sal onder andere beoordeel word en ‘n plan, wat tot 2031 sal duur, sal saamgestel word. Adjunkminister Ruth Masake het die afgevaardigdes toegespreek.
22 Apr 8AM 1 min

Kleinfontein, Orania 'misbruik dalk grondwet'

Die MK-party glo die gemeenskap van Kleinfontein naby Pretoria probeer nog ʼn Afrikaner-enklawe soos Orania skep. Die party onder leiding van hoofsweep Mzwanele Manyi het die Afrikaner-nedersetting Maandag as deel van ʼn feitesending besoek. Die Hooggeregshof in Pretoria het Kleinfontein verlede jaar volgens die Stad Tshwane se munisipale soneringsregulasies onwettig…
22 Apr 8AM 1 min

Taal-herrie: Ouers ruk op na Auas-laerskool

Aktivis Shaun Gariseb het vanoggend ‘n protes by die Auas-laerskool in Dolam in die hoofstad gelei. Hy eis die afdanking van die skoolhoof Toini Nauyoma met aantygings dat daar pogings is om Khoekhoegowab te verwyder. Maar, daar is ook blykbaar wangedrag en onregverdige praktyke met aanstellings by die skool.
22 Apr 6AM 1 min

Hegseth se dae is getel, meen Bolton

Die voormalige nasionale sekuriteitsadviseur John Bolton sê die Amerikaanse verdedigingsminister Pete Hegseth se tyd is min. Dit kom ná berigte dat meer militêre aanvalbesonderhede deur hom gedeel is in nog 'n groepsgesprek op Signal. Die groep het Hegseth se vrou, broer en persoonlike prokureur ingesluit, waar Hegseth inligting oor lugaanvalle…
22 Apr 6AM 1 min