GIPF pluk vrugte van beleggings

Loading player...
Die Staatsdienspensioenfonds, die GIPF, het in sy 2024-boekjaar 6,3 miljard Namibiese dollar aan voordele uitbetaal, sowat 585 miljoen dollar minder as in die vorige finansiële jaar. Die fonds het vandag sy geïntegreerde jaarverslag vrygestel. Die GIPF se beleggingsopbrengs in die jaar onder oorsig het tot 18 miljard dollar gegroei, ‘n toename van 13,2 persent jaar-op-jaar. Die fonds se bates het op 167 miljard dollar te staan gekom, 11 persent meer as in 2023. Teen die einde van Maart 2024 het die GIPF altesaam 99 722 aktiewe lede gehad. Die uitvoerende hoof van die GIPF, Martin Inkumbi, vertel meer:
1 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sportministerie kan nou stadions, fasiliteite regmaak

Adjunk-sportminister Dino Ballotti sê 200 miljoen Namibiese dollar is toegewys vir sportinfrastruktuur en plaaslike ligas. Dit sal die weg baan vir Namibië om weer internasionale sokkerwedstryde aan te bied, ná die Afrika-sokkerbeheerliggaam CAF se verbod daarop in 2021 weens ontoereikende stadions en fasiliteite. Kosmos 94.1 Nuus het met Balotti gesels,…
21 Apr 6AM 1 min

SA beplan repatriasie van nog soldate uit DRK

Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, het aangekondig dat planne gevorderd is om soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo ontplooi is, veilig na Suid-Afrika terug te bring. Hul terugkeer hang af van die strydende groepe se onderhandelings oor 'n skietstilstand…
21 Apr 6AM 1 min

SA glo Bushiri sal vanjaar nog uitgelewer word

Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, is vol vertroue dat die Nasionale Vervolgingsgesag en wetstoepassingsagentskappe die voortvlugtige Shepherd Bushiri nog vanjaar uitgelewer sal kry. Hy het in 2020 na sy geboorteland, Malawi, gevlug terwyl hy op borgtog was nadat hy aangekla is van onder meer verkragting en geldwassery uit 2016…
21 Apr 5AM 1 min

Oppas vir kubermisdaad tydens vakansiedae

Tydens die Paasvakansie, terwyl meeste mense ontspan en tyd saam met geliefdes deurbring, benut kubermisdadigers verlaagde waaksaamheid om swendelarye te loods. Meinert Cyber Security waarsku dat meer swendelaars mense in hierdie tyd probeer mislei om sensitiewe inligting te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tanya Hopker, die medestigter van…
21 Apr 3AM 1 min

DA se hofsaak teen BTW-verhoging gaan voort

Die DA gaan voort met sy regstappe teen die verhoging van 0,5-persentasiepunte in BTW wat beplan word om 1 Mei in werking te tree. Die saak word môre in die Hooggeregshof in Kaapstad aangehoor. Die DA se woordvoerder, Karabo Khakhau, sê die party wil ’n dringende interdik hê om die…
21 Apr 3AM 1 min