
Daures ammonium-sulfaat kunsmisprojek kry befondsing
Loading player...
Die Daures Groenwaterstof-dorp gaan befondsing en bystand van die VN se Industriële Ontwikkelingskorporasie, Unido, kry om ammonium-sulfaat kunsmis te produseer. Unido sê in 'n verklaring Daures sal een van sy eerste demonstrasie-projekte wees onder die Accelarate to Demonstrate, of A2D fasiliteit, wat ten doel het om die gebruik van groenwaterstof-tegnologië aan te wakker. Namibië is een van vyf lande wat hiervoor gekies is. Buiten Namibië, is Kenia, Nepal, Nigerië en Tanzanië begunstigdes. Kosmos 94.1 Nuus het met Jerome Namaseb, die uitvoerende hoof van die Daures Green Hydrogen Village, hieroor gepraat.