Adjunk-sportminister Dino Ballotti sê 200 miljoen Namibiese dollar is toegewys vir sportinfrastruktuur en plaaslike ligas. Dit sal die weg baan vir Namibië om weer internasionale sokkerwedstryde aan te bied, ná die Afrika-sokkerbeheerliggaam CAF se verbod daarop in 2021 weens ontoereikende stadions en fasiliteite. Kosmos 94.1 Nuus het met Balotti gesels,…
Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, het aangekondig dat planne gevorderd is om soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo ontplooi is, veilig na Suid-Afrika terug te bring. Hul terugkeer hang af van die strydende groepe se onderhandelings oor 'n skietstilstand…
Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, is vol vertroue dat die Nasionale Vervolgingsgesag en wetstoepassingsagentskappe die voortvlugtige Shepherd Bushiri nog vanjaar uitgelewer sal kry. Hy het in 2020 na sy geboorteland, Malawi, gevlug terwyl hy op borgtog was nadat hy aangekla is van onder meer verkragting en geldwassery uit 2016…
Tydens die Paasvakansie, terwyl meeste mense ontspan en tyd saam met geliefdes deurbring, benut kubermisdadigers verlaagde waaksaamheid om swendelarye te loods. Meinert Cyber Security waarsku dat meer swendelaars mense in hierdie tyd probeer mislei om sensitiewe inligting te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tanya Hopker, die medestigter van…
Die DA gaan voort met sy regstappe teen die verhoging van 0,5-persentasiepunte in BTW wat beplan word om 1 Mei in werking te tree. Die saak word môre in die Hooggeregshof in Kaapstad aangehoor. Die DA se woordvoerder, Karabo Khakhau, sê die party wil ’n dringende interdik hê om die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.