Verhouding met VSA 'nooit weer dieselfde': Kanada

Loading player...
Die Italiaanse premier Giorgia Meloni sê onderhandelinge oor tariewe tussen die VSA en die Europese Unie moet daarop gemik wees om alles op te hef. Sy het haar teenkanting teen vergeldingstariewe herhaal en gesê onderhandelinge moet gemik wees op die opheffing van tariewe, nie om dit te vermenigvuldig nie. Die Kanadese buitelandse sake-minister Melanie Joly het tydens 'n vergadering van NAVO-buitelandse sake ministers in Brussel gesê dat die verhouding met Amerika na hierdie tariewe nooit weer dieselfde sal wees nie.
4 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA glo Bushiri sal vanjaar nog uitgelewer word

Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, is vol vertroue dat die Nasionale Vervolgingsgesag en wetstoepassingsagentskappe die voortvlugtige Shepherd Bushiri nog vanjaar uitgelewer sal kry. Hy het in 2020 na sy geboorteland, Malawi, gevlug terwyl hy op borgtog was nadat hy aangekla is van onder meer verkragting en geldwassery uit 2016…
21 Apr 5AM 1 min

Oppas vir kubermisdaad tydens vakansiedae

Tydens die Paasvakansie, terwyl meeste mense ontspan en tyd saam met geliefdes deurbring, benut kubermisdadigers verlaagde waaksaamheid om swendelarye te loods. Meinert Cyber Security waarsku dat meer swendelaars mense in hierdie tyd probeer mislei om sensitiewe inligting te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tanya Hopker, die medestigter van…
21 Apr 3AM 1 min

DA se hofsaak teen BTW-verhoging gaan voort

Die DA gaan voort met sy regstappe teen die verhoging van 0,5-persentasiepunte in BTW wat beplan word om 1 Mei in werking te tree. Die saak word môre in die Hooggeregshof in Kaapstad aangehoor. Die DA se woordvoerder, Karabo Khakhau, sê die party wil ’n dringende interdik hê om die…
21 Apr 3AM 1 min

Andrada beoog meer myne, meer litium-ontginning

Andrada Mining het aangekondig dat hy in 'n vennootskap getree het met die Chileense eksplorasie- en mynmaatskappy SQM, om die litiumkant van sy bedrywighede uit te brei. SQM is een van die grootste litium-myners ter wêreld. Andrada se uitvoerende hoof, Anthony Viljoen, sê hulle gaan 'n intensiewe veldtog op Litiumrif…
21 Apr 2AM 1 min