Staatsdiensvakbond betreur 2025-begroting se goedgekeuring

Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is uiters teleurgesteld oor die goedgekeurde 2025-begroting, wat die omstrede voorgestelde verhoging in Belasting op Toegevoegde Waarde insluit. Die vakbond sê hierdie besluit is geneem sonder voldoende raadpleging met sleutelbelanghebbendes en hou ernstige gevolge in vir Suid-Afrika se werkersklas en kwesbare gemeenskappe. Claude Naiker van die vakbond sê hulle bepleit doeltreffendheid, wat bereik kan word met die behoorlike toewysing van hulpbronne.
4 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA glo Bushiri sal vanjaar nog uitgelewer word

Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, is vol vertroue dat die Nasionale Vervolgingsgesag en wetstoepassingsagentskappe die voortvlugtige Shepherd Bushiri nog vanjaar uitgelewer sal kry. Hy het in 2020 na sy geboorteland, Malawi, gevlug terwyl hy op borgtog was nadat hy aangekla is van onder meer verkragting en geldwassery uit 2016…
21 Apr 5AM 1 min

Oppas vir kubermisdaad tydens vakansiedae

Tydens die Paasvakansie, terwyl meeste mense ontspan en tyd saam met geliefdes deurbring, benut kubermisdadigers verlaagde waaksaamheid om swendelarye te loods. Meinert Cyber Security waarsku dat meer swendelaars mense in hierdie tyd probeer mislei om sensitiewe inligting te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tanya Hopker, die medestigter van…
21 Apr 3AM 1 min

DA se hofsaak teen BTW-verhoging gaan voort

Die DA gaan voort met sy regstappe teen die verhoging van 0,5-persentasiepunte in BTW wat beplan word om 1 Mei in werking te tree. Die saak word môre in die Hooggeregshof in Kaapstad aangehoor. Die DA se woordvoerder, Karabo Khakhau, sê die party wil ’n dringende interdik hê om die…
21 Apr 3AM 1 min

Andrada beoog meer myne, meer litium-ontginning

Andrada Mining het aangekondig dat hy in 'n vennootskap getree het met die Chileense eksplorasie- en mynmaatskappy SQM, om die litiumkant van sy bedrywighede uit te brei. SQM is een van die grootste litium-myners ter wêreld. Andrada se uitvoerende hoof, Anthony Viljoen, sê hulle gaan 'n intensiewe veldtog op Litiumrif…
21 Apr 2AM 1 min