Episode 40 | Gemeentes met gebroke verhale van hoop – Dr Marelize Maritz

Loading player...
Hoe lyk ’n gemeente wat kwalifiseer as ’n “baken” vir die toekoms van die NG Kerk? Só ’n gemeente se storie is dikwels vol gebrokenheid, maar hulle verhaal van aanpas by veranderde omstandighede skets ’n prentjie van hoop. Só vertel dr Marelize Maritz, ’n akademiese navorser van die Vrystaat wat spesialiseer in praktiese en missionale teologie.

Sy is mederedakteur van die boek, Bakengemeentes: Nagedink oor roeping en getrouheid. Dit is ’n nuwe boek wat die stories van 26 sulke gemeentes bevat, sowel as insigte uit die Kerkspieël- en Predikantepaneel-vraelyste.

Maritz vertel hierdie boek, wat ’n hele hoofstuk oor roeping insluit, is bedoel as ’n praktiese gids vir mense wat beleef dat die kerk, soos sy dit stel, “op ’n vasloopplek is of wat dalk dink ons gaan nie meer bestaan nie, dat die NG Kerk se tyd verby is in Suid-Afrika”.

Die boek is beskikbaar by CLF.

Meer oor die boek: Die werk sluit kwalitatiewe en kwantitatiewe empiriese data in, versamel deur die NG Kerk se Algemene Taakspan Navorsing, en staan in gesprek met die 2030-droomscenario wat na afloop van die Algemene Sinode van 2019 geformuleer is. Bron: CLF.
8 Apr 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 65 | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is. Hy is…
25 Jun 26 min

Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville

Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die…
11 Jun 21 min

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min