Episode 40 | Gemeentes met gebroke verhale van hoop – Dr Marelize Maritz

Loading player...
Hoe lyk ’n gemeente wat kwalifiseer as ’n “baken” vir die toekoms van die NG Kerk? Só ’n gemeente se storie is dikwels vol gebrokenheid, maar hulle verhaal van aanpas by veranderde omstandighede skets ’n prentjie van hoop. Só vertel dr Marelize Maritz, ’n akademiese navorser van die Vrystaat wat spesialiseer in praktiese en missionale teologie.

Sy is mederedakteur van die boek, Bakengemeentes: Nagedink oor roeping en getrouheid. Dit is ’n nuwe boek wat die stories van 26 sulke gemeentes bevat, sowel as insigte uit die Kerkspieël- en Predikantepaneel-vraelyste.

Maritz vertel hierdie boek, wat ’n hele hoofstuk oor roeping insluit, is bedoel as ’n praktiese gids vir mense wat beleef dat die kerk, soos sy dit stel, “op ’n vasloopplek is of wat dalk dink ons gaan nie meer bestaan nie, dat die NG Kerk se tyd verby is in Suid-Afrika”.

Die boek is beskikbaar by CLF.

Meer oor die boek: Die werk sluit kwalitatiewe en kwantitatiewe empiriese data in, versamel deur die NG Kerk se Algemene Taakspan Navorsing, en staan in gesprek met die 2030-droomscenario wat na afloop van die Algemene Sinode van 2019 geformuleer is. Bron: CLF.
8 Apr Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 43 | 'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor?

Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat (net wit?) Afrikaanse boere (?) vir vlugtelingstatus mag aansoek doen by die VSA? In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson…
21 May 25 min

Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?

Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van…
7 Mar 41 min

Episode 38 | Polarisasie, Trump en openbare getuienis

Polarisasie oor onlangse wêreldgebeure en die openbare getuienis van die NG Kerk is van die onderwerpe wat hanteer word tydens hierdie onderhoudende paneelgesprek. Ds Jan Lubbe en nog twee gaste, die historikus dr Lindie Koorts en ds Anandie Greyling, voorsitter van ’n kerklike taakspan met die naam “Miga 6:8 –…
21 Feb 42 min