Neil de Beer oor MK, Mag die RNE & Moontlikhede

Loading player...
In die KLETS-episode van 9 April 2025 sit ons saam met Neil de Beer, president van die United Independent Movement (UIM) en politieke kommentator met ’n voet in baie politieke binnekamers.

Ons gesels oor die toestand van die GNU, en veral die ANC-DA huwelik wat nou meer na ’n egskeiding sonder gemeenskap van goedere lyk. Is hierdie alliansie volhoubaar of oppad na ’n lelike politieke egskeiding?

Neil deel sy eerlike, ongefilterde insigte oor:
- Wat regtig in die GNU gebeur agter geslote deure
- Die verhouding tussen die ANC en DA
- Wat die MK-party se werklike strategie is
- En wat Suid-Afrikaners kan verwag as MK aan bewind sou kom

Maar – soos ons vir Neil ken – bring hy ook sy passie vir die land, sy hoop vir ons mense, en ’n bietjie inspirasie tussen al die chaos.

Dis ’n gesprek wat jou laat dink, laat wonder, en dalk selfs laat glo dat ons nog nie die stryd verloor het nie. Hierdie episode is vir mense wat wil weet wat regtig aangaan in SA-politiek, sonder die propaganda – net eerlike perspektief en opinies.
9 Apr Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min