VAT en Vrae oor Verstandige Besluite

Loading player...
In hierdie week se KLETS wonder ons: Gaan die VAT vat, of gaan hy nie vat nie? Met net ’n paar dae oor voor die beplande 0.5% BTW-verhoging op 1 Mei, is daar steeds geen duidelikheid nie. Die ANC se plan het groot teenstand in die parlement gekry, en daar is berigte dat hulle dalk die verhoging gaan laat vaar. Intussen het baie besighede reeds hul kliënte ingelig oor die verhoging, en die onsekerheid laat almal kopkrap.

Ons kyk ook na die jongste IRR-opname, wat wys dat die DA nou voor die ANC is in kiesersondersteuning – ’n eerste in die geskiedenis. Die MK-party en die EFF toon ook groei, wat dui op ’n politieke landskap in beweging. Dit lyk of kiesers al meer fokus op brood-en-botter-kwessies eerder as op rasgebaseerde politiek.

Dan is daar die aanstelling van Mcebisi Jonas as Suid-Afrika se spesiale gesant na die VSA. Jonas, tans voorsitter van MTN, is aangewys om die bande tussen Pretoria en Washington te herstel nadat die vorige ambassadeur, Ebrahim Rasool, deur die Trump-administrasie uitgesit is. Maar Jonas se eie geskiedenis – insluitend sy 2020-toespraak waarin hy Trump as ’n “rassistiese, homofobiese en narsistiese regse” beskryf het – maak sy aanstelling kontroversieel. Voeg daarby MTN se betrokkenheid by ’n Amerikaanse terrorisme-regsgeding, en jy het ’n diplomatieke hoofpyn van formaat.

Dis ’n week van belasting-onsekerheid, politieke verskuiwings en diplomatieke drama. Ons ontleed dit alles met die gebruiklike KLETS-humor en insig.

Luister nou – voor die BTW jou begroting beetkry en die politieke verskuiwings en moontlike diplomatieke drama jou soos griep plattrek.
16 Apr Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min