
AfriForum Jeug eis deursigtigheid oor beweerde sangoma-seremonie
Loading player...
AfriForum Jeug eis toegang tot die Noordwes-Universiteit se volledige ondersoekverslag oor die ontwrigting in die Eikenhof-vrouekoshuis verlede Sondag. Dit volg ná bewerings van 'n sangoma-seremonie in die koshuis, met studente wat ontstellende gille gerapporteer het. Die universiteit het intussen die bewering ontken, maar Yvonne Gerber van AfriForum vra egter 'n duidelike beleid oor kulturele praktyke in koshuise, deursigtigheid en trauma-ondersteuning vir studente wat geraak is: